Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Coligny-2 vra weer borg

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die Coligny-moordenaars, het Vrydag ’n dringende borgaansoek in die hooggeregshof in Mmabatho gebring.

Phillip Schutte (34) Foto: Deon Raath/Rapport

Lewenslange tronkstraf staar hulle in die gesig nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

Hulle is ook skuldig bevind aan ontvoering, die onwettige rig van ’n vuurwapen en intimidasie.

Waarnemende regter Daniel Matlapeng het Vrydag die twee mans se aansoek aangehoor.

Die staat het beswaar gemaak en gesê die hooggeregshof in Mmabatho het nie jurisdiksie om die aansoek aan te hoor nie. Die verdediging het volgens die staat geen redes verskaf oor hoekom die saak dringend is nie.

Matlapeng het sy uitspraak voorbehou en sal na verwagting volgende Dinsdag sê of die aansoek dringend is en aangehoor moet word. Intussen sal die twee veroordeelde mans in aanhouding bly.

Hul vonnisverrigtinge begin einde Januarie in die hooggeregshof in Mmabatho.

Schutte en Doorewaard is daaraan skuldig bevind dat hulle Mosweu in April verlede jaar vermoor het deur hom van ’n bewegende bakkie af te gooi.

Pieter Doorewaard (26) Foto: Deon Raath/Rapport

Hul weergawe, dat Mosweu van die bakkie af gespring het om te vlug, is verwerp. Hulle het beweer hulle het Mosweu op die bakkie gelaai om hom na die polisiekantoor te neem nadat hulle hom betrap het toe hy sonneblomme op die plaas Rietvlei naby Coligny gesteel het.

Die twee is ook daaraan skuldig bevind dat hulle ’n ooggetuie, Bonakele Pakisi, ontvoer, geïntimideer, ’n vuurwapen op hom gerig en sy selfoon gesteel het.

Ná Mosweu se dood was die spanning in Coligny so groot dat oproerige inwoners van die township winkels en huise beskadig en aan die brand gesteek het.

Meer oor:  Pieter Doorewaard  |  Phillip Schutte  |  Coligny
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.