Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Courtney: Nuwe verslag word bestudeer

Courtney Pieters (3) se vermeende moordenaar se verhoor in die hooggeregshof in Kaapstad is tot Woensdag uitgestel om die verdediging tyd te gee om ’n nuwe verslag van die staatspatoloog te bestudeer.

Adv. Esmeralda Cecil, die staatsaanklaer in die saak teen Mortimer Saunders (41), het Maandag aan die hof gesê dat die laaste getuie, prof. Johan Dempers, ná sy getuienis bykomende toetse oor die ontbinding van die lyk gedoen het.

Sy sê sy het die uitslae van Dempers eers Sondagoggend gekry en Maandag vir Saunders se regsverteenwoordiger aangestuur.

Mortimer SaundersFoto: Maygene de Wee

Saunders word daarvan aangekla dat hy Courtney in Mei 2017 verkrag en vermoor het.

Cecil sê sy weet Saunders is op ’n spoedige verhoor geregtig, maar dit is ook in belang van geregtigheid dat die nuwe getuienis oorweeg moet word.

Volgens haar moet sy Dempers nog oor die nuwe getuienis konsulteer en sal Woensdag gereed wees om met die verhoor voort te gaan.

Adv. Mornay Calitz, Saunders se regsverteenwoordiger, sê hy is gereed om met Dempers se kruisondervraging voort te gaan. Hy sê die toetse wat Dempers gedoen het, was ná sy getuienis in die hof.

“Ek weet die staat wil dit oorweeg om die nuwe getuienis te gebruik, maar ek sal die reg voorbehou om beswaar te maak sou hulle daarmee wil lei.”

Dempers was die forensiese konsultant aan diens die dag wat Courtney se lyk gevind is.

Saunders het in ’n pleitverduideliking erken dat hy Courtney vermoor het, maar ontken dat hy haar verkrag het.

Die staat stem nie hiermee saam nie.

Meer oor:  Courtney Pieters  |  Mortimer Saunders  |  Moord-Verhoor  |  Toetse  |  Verslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.