Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Cyril moet self opdok vir dié appèl-aansoek

Pres. Cyril Ramaphosa is beveel om die koste te betaal van ’n appèlaansoek teen ’n hooggeregshofbevel wat verband hou met die hersiening van kabinetaanstellings.

Die saak hou verband met die DA se aansoek in 2017 in die hooggeregshof in Pretoria ná voormalige pres. Jacob Zuma se berugte middernagtelike kabinetskommeling waarin Pravin Gordhan, toe minister van finansies, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, afgedank is.

Die DA het die grondwetlike geldigheid van die skommeling in die hof betwis en die rekord van die besluitneming geëis. Die party wou die rekord van besluite oor kabinetskommelings openbaar laat maak. Die DA het die hooggeregshofbevel in sy guns bekom.

Nadat Ramaphosa aan bewind gekom het, het hy die saak na die konstitusionele hof geneem om duidelikheid te kry of reël 53 van die uniforme reëls van die hof van toepassing op uitvoerende besluite is.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het beslis dit is nie in die belang van geregtigheid om appèl toe te staan nie.

Die regter het beslis dat wanneer die president se besluite oor kabinetskommelings weer bevraagteken word, dit in ’n hof betwis kan word waarin die grondwetlike hof leiding sal gee.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Appèl-Aansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.