Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
DA-aansoek teen Zuma se regskoste November in hof

Die DA se aansoek om te keer dat die staat oudpres. Jacob Zuma se regskoste betaal, sal in November aangehoor word, sê James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad.

’n Volbank regters sal dit op 6 en 7 November in die hooggeregshof in Pretoria aanhoor, het hy Maandag in ’n verklaring gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër in ’n ooreenkoms met Zuma onderneem dat die staat sy regskoste sal betaal.

Die DA het in Maart hofstukke ingedien waarin hy vra dat die ooreenkoms hersien, ongeldig verklaar en ter syde gestel word.

Ramaphosa het gesê die staat het reeds R15,3 miljoen vir Zuma se regskoste opgedok. Selfe sê die syfer sal aansienlik hoër wees, omdat dié syfer slegs beperk is tot litigasie waarby die DA betrokke is.

Die DA het ook ’n hofbevel gevra dat die R15,3 miljoen wat reeds bestee is, aan die staat terugbetaal moet word.

“Die DA meen Suid-Afrikaners het reeds duur vir die ANC se korrupsie betaal. Veral mnr. Zuma behoort nie geregtig te wees op nog meer geldelike steun uit die staatskas nie.”

Meer oor:  Hof  |  Jacob Zuma  |  James Selfe  |  Regskoste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.