Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
DA-LPW in VS eis R1 m. van ANC-jeugliga en ander

Daar is vir hom as politikus geen groter belediging as om as ’n rassis uitgebeeld te word nie, het dr. Roy Jankielsohn, leier van die DA in die Vrystaatse wetgewer, Dinsdag in die Vrystaatse hooggeregshof getuig.

Hy eis R1 miljoen van drie senior ANC-lede – Thabo Meeko, ’n lid van die wetgewer en provinsiale woordvoerder van die party, Reagan Booysen, Vrystaatse sekretaris van die jeugliga, en Sello Pietersen, provinsiale woordvoerder van die liga – asook en die ANC-jeugliga omdat hulle hom glo belaster het.

Dr. Roy Jankielsohn
Dr. Roy Jankielsohn Foto: Felix Dlangamandla

Jankielsohn het voor regter Johann Daffue getuig Booysen en Pietersen het op 5 Oktober 2017 ’n verklaring uitgereik nadat hy in die wetgewer kritiek gelewer het op ’n eredoktorsgraad wat die Bahcesehir-universiteit (BAU) in Turkye aan die destydse premier, Ace Magashule, toegeken het.

Meeko het hul verklaring ook op Facebook geplaas. Daarin word na Jankielsohn as ’n rassis, ’n nar, ’n politieke “rooinek” en ’n “DA-chihuahua” verwys.

Jankielsohn het getuig dit was vernederend en kwaadwillig.

In die huidige politieke klimaat is dit baie ernstig om as ’n rassis bestempel te word. “Dan sê hulle ek haat mense oor hul ras.”

Meeko het getuig die verklaring van die jeugliga was ’n “politieke reaksie op ’n politieke aksie. Ons het polities reageer. Dit is ’n politieke debat.”

Hy het getuig die verklaring van Jankielsohn waarop die jeugliga reageer het, was in die openbaar. Dit was die premier wat aangeval is.

Hy het geen probleem daarmee gehad om die jeugliga se verklaring op Facebook te plaas nie. “Dit is nie ongrondwetlik nie.”

Jankielsohn se verklaring oor Magashule was lasterlik, maar nie die verklaring van die jeugliga nie, het hy getuig.

Adv. Kristle Peterson: “Sê jy die jeugliga kan sê wat hulle wil, waar hulle wil en hulle word (deur vryheid van spraak) beskerm?”

Peterson tree in opdrag van Marius van Rensburg van Horn en Van Rensburg-prokureurs vir Jankielsohn op.

Advv. Ismael Semenya SC en Motebang Ramaili tree in opdrag van L. Tlelai van Moroka-prokureurs vir die verweerders op. Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Roy Jankielsohn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.