Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
DA vra hof moet speaker beveel om vergadering te reël

Bloemfontein. – Die DA het ’n aansoek in die Vrystaatse hooggeregshof ingedien om die speaker in die wetgewer, Mamiki Qabathe, te beveel om ’n vergadering van die reëlskomitee te skeduleer en te laat plaasvind.

Roy Jankielsohn, leier van die DA in die wetgewer, sê dié vergadering moet op ’n gereelde grondslag gehou word, minstens kwartaalliks, om belangrike kwessies te bespreek.

Dit gaan veral oor sake wat verband hou met die effektiewe funksionering en bestuur van die Vrystaatse wetgewer, spesifiek met betrekking tot sy grondwetlike mandaat.

Die gedrag van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en ander LUR’e wat versuim om sittings by te woon om vrae van die opposisie in die wetgewer te beantwoord, moet na dié komitee vir verdere optrede verwys word, sê Jankielsohn.

Volgens hom het die laaste vergadering in Februarie 2015 plaasgevind.

Alle daaropvolgende pogings deur die DA om op nog so ’n vergadering aan te dring, is geïgnoreer.

Hy sê die DA beskou die kwessies as die ondermyning van die grondwetlike beginsel van inklusiewe demokrasie en ’n struikelblok vir die vermoë van die wetgewer om sy grondwetlike mandaat doeltreffend en inklusief uit te oefen.

Jankielsohn sê die DA is met geen ander keuse gelaat nie as om die hof te nader om die speaker te beveel om binne 21 dae so ’n vergadering te hou, en ’n wysiging te versoek om minstens ’n kwartaallikse vergadering van die reëlskomitee verpligtend te maak.

Die DA versoek die hof om Qabathe persoonlik aanspreeklik te hou vir die koste van die aansoek, want daar kan nie van belastingbetalers verwag word om die koste te dra vir wat die DA as doelbewuste nalatigheid beskou nie.

Die veelparty-wetgewer moe-

nie­ aanspreeklik gehou word vir die koste van die speaker se arrogansie nie, sê Jankielsohn.

Volgens hom is die kennisgewing van die hangende hofsaak op 24 Julie aan Qabathe uitgereik.

Meer oor:  Vergadering  |  Munisipaliteit  |  Hof  |  Da  |  Roy Jankielsohn  |  Speaker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.