Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dagmoeder wat glo kinders aanrand, kry uitstel

Die vrou wat na bewering kinders by ’n kleuterskool in Carletonville aangerand het, het Vrydag in die landdroshof in Oberholzer verskyn en haar binne én buite die hof teen betogers vasgeloop.

Betogers skree Vrydag op Nellie Senwametsi (40) buite die landdroshof in Oberholzer. ’n Video van haar beweerde aanranding van peuters by ’n kleuterskool in Carletonville het groot opslae gemaak. Foto: Felix Dlangamandla

Nellie Senwametsi (40) is op 26 Maart in hegtenis geneem vir aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Beeldmateriaal wat wys hoe sy kinders by ’n kleuterskool behandel, het blitsig op sosiale media versprei.

In een van die video’s word ’n klein meisie gedwing om skoon te maak nadat sy gebraak het. Sy word op haar boude geslaan.

In nog ’n video word ’n kind geslaan wat nie wil slaap nie.

Die hofsaal was volgepak met woedende ouers en gemeenskapslede toe Senwametsi Vrydag haar verskyning gemaak het.

Nellie Senwametsi (40) Vrydag buite die landdroshof in Oberholzer. ’n Video van haar beweerde aanranding van peuters by ’n kleuterskool in Carletonville het groot opslae gemaak. Foto: Felix Dlangamandla

Senwametsi het vinnig uit die hofsaal geloop ná haar kort verskyning.

Ouers wat die hofsaak bygewoon het, het haar gevolg en sommige het geskree: “Jy kan nie wegkom hiermee nie!”

Mense wat buite die hof betoog het, het plakkate opgehou wat onder meer lees: “Versnel geregtigheid vir kinderslagoffers,” en “Daar is geen verskoning vir kindermishandeling nie.”

Senwametsi staan tereg op drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en moet op 21 Junie weer in die hof verskyn.

Sy is uit op borgtog van R3 000.

Meer oor:  Nellie Senwametsi  |  Carletonville  |  Oberholzer  |  Bewerings  |  Aanrand  |  Kinders  |  Landdroshof  |  Dagmoeder  |  Saak Uitgestel  |  Kleuterskool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.