Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Geen borgtog vir Deacons se huiswerker

Landdros Janine Ungerer het die vermeende moordenaars van Lizette Deacon (55) van Polokwane en haar ma, Hettie (79), borgtog geweier.

Sophie Mmako (51) en Casper Mudau (35) sal agter tralies bly totdat hulle weer op 30 November in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die Deacons is op Donderdag 10 September vroegaand in hul meenthuis in die woonbuurt Welgelegen oorval en met messe gesteek.

Mmako, glo die baasbrein agter die moorde op die bekende sakevrou Lizette en haar ma, het 24 jaar lank vir Hettie gewerk en was volgens die staat se betooghoofde kwaad oor haar betaling toe sy tydens die Covid-19-inperking nie kon werk nie.

Die ander beskuldigdes, Advance Amid (30) en Lazarus Mahlo (41), Mmako se kêrel, het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

’n Vyfde verdagte, ’n Zimbabwiër, is op vlug en word nog gesoek.

Sophie Mmako
Sophie Mmako tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Sophie Mmako  |  Polokwane  |  Hof  |  Deacon-Moorde  |  Polokwane-Moorde  |  Borgtog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.