Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Derde bloedneus vir OB oor Vrede

Die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, het vir ’n derde keer in die hof bloedneus gekry oor haar verslag oor die mislukte Vrede-suiwelprojek.

Die appèlhof in Bloemfontein het haar aansoek om verlof om te appelleer Maandag met koste van die hand gewys.

Die hof het bevind haar aansoek om teen ’n bevel in die hooggeregshof in Pretoria oor die verslag te appelleer het geen redelike vooruitsig op sukses op appèl nie. Daar is dus geen rede waarom die appèl aangehoor behoort te word nie.

Die hooggeregshof in Pretoria het einde verlede jaar ook haar aansoek om verlof tot appèl oor dieselfde saak van die hand gewys nadat hy vroeër bevind het Mkhwebane het haar plig versuim om die Vrede-suiwelprojek te ondersoek en verslag daaroor te doen.

Toe besluit sy om haar tot die appèlhof te wend. Dit het nou misluk.

Dr. Roy Jankielson, leier van die DA in die Vrystaatse wetgewer, sê in ’n verklaring daar bly nou geen rede meer oor waarom Mkhwebane nie haar verslag oor die Vrede-projek kan finaliseer en haar bevindinge bekend maak nie.

Dit sluit sake in soos die vermyding van die rol wat politici in die wanaanwending van geld gespeel het.

Hy sê Mkhwebane se voortdurende hofpogings om verdere ondersoek na die projek en bevindings daaroor te verhoed, laat ernstige vrae ontstaan oor haar motiewe en haar vermoë om objektiewe besluite daaroor te neem.

Die DA sal haar finale verslag fyn dophou om te verseker dat al die omstrede aspekte van die projek ondersoek word en dat die bevindings daarmee strook.

Hy sê politici moet tot verantwoording geroep word omdat hulle geld vir die projek goedgekeur het nadat ’n ondersoek van die nasionale tesourie reeds onreëlmatighede daaroor bevind het, asook oor betalings van R106 miljoen aan die Gupta-verwante maatskappy Estina nadat die kontrak met Estina reeds gekanselleer is.

• Regter Ronel Tolmay het verlede jaar in Pretoria beslis Mkhwebane het Suid-Afrikaners in haar ondersoek in die steek gelaat en beslis sy moet persoonlik vir ’n groot deel van die regskoste van die Raad vir die Bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) en die DA opdok.

Die DA het die hof genader omdat hy meen Mkhwebane het nie die Vrede-suiwelprojek na behore ondersoek nie.

• Die Vrede-suiwelprojek was veronderstel om opkomende swart boere op te hef, maar het uiteindelik op niks uitgeloop nie. Honderde miljoene rande van belastingbetalers se geld is na bewering deur dié projek na die Gupta-familie gekanaliseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.