Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Desai van wangedrag beskuldig

Die Suid-Afrikaanse Sionistiese Federasie (SASF) het Donderdag die afgetrede regter Siraj Desai, teen wie hy ’n klag by die komitee vir geregtelike gedrag ingedien het, as “ ’n gepolitiseerde regter” bestempel.

Die organisasie beskuldig Desai, wat sedertdien aangestel is as die ombud vir regsdienste, daarvan dat hy die wetlike gedragskode oor baie jare “duidelik” oortree het.

Siraj DesaiFoto: Gallo Images

Die organisasie voer ook aan dat Desai by politieke omstredenheid betrokke is, die aansien van sy regterlike amp misbruik om sy persoonlike politieke belange te bevorder, homself nie kon distansieer van ’n saak waarin hy “ooglopende” botsende belange het nie en betrokke is by aktiwiteite wat “die posisie van sy regterlike amp gebruik om ’n partydige politieke saak te bevorder”.

“Dit is dus van kardinale belang om die vertroue van die publiek in die regbank te handhaaf en dat mense oor openlike geregtelike wangedrag tot verantwoording geroep word,” het die SASF gesê.

Prof. Usuf Chikte, woordvoerder van Desai, het egter gesê dat die oudregter onapologeties is in sy “veroordeling van apartheid, Israel en ter verdediging van Palestyne wat vervolg word deur die onregverdige wette en oorlogsmisdade”.

Chikte het die federasie daarvan beskuldig dat hy “hasbara-taktieke” gebruik in sy vergeldende en wraaksugtige aanvalle op Desai.

Volgens die SASF se amptelike klag, wat Donderdag ingedien is, het Desai “onvanpaste kommentaar” gelewer in ’n onderhoud op ’n Iranse YouTube-kanaal waarin hy die Iranse politieke en godsdienstige leier, ajatollaj Khomeini, met pres. Nelson Mandela vergelyk omdat hulle nie die Verenigde State toegelaat het om die buitelandse beleid namens hul land aan hul te dikteer nie en dat hulle vir eenheid gevra het.

“Om ’n wêreldbekende vredemaker soos pres. Mandela te vergelyk met die despotiese stigterslid van ’n regime wat berug is vir sy miskenning van menseregte en wat verantwoordelik is vir growwe menseregteskendings, insluitend marteling en geweld teen duisende mense, is ’n belediging vir die mense van Suid-Afrika, die Grondwet en ons demokratiese instellings,” het die SASF gesê.


Meer oor:  Siraj Desai  |  Sasf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.