Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dié kinders wel SA burgers, beslis hof

In ’n geskiedkundige beslissing het die konstitusionele hof Woensdag bevind dat kinders wat buite die landsgrense aan Suid-Afrikaanse ouers gebore is, wel landsburgers is.

Hierdie uitspraak kom nadat vier jong mense, Vusi Chisuse (gebore in Malawi), Emma Dullart (Ghana) en Amanda Tilma en Martin Hoffman (albei Zimbabwe), die direkteur-generaal en die minister van binnelandse sake voor die hof gedaag het oor die grondwetlikheid van die Wet op Burgerskap (Wet 88 van 1995) en sy wysigingswet (Wet 17 van die Wysigingswet van 2010) wat in 2012 in werking getree het.

Die saak is in 2016 by die hooggeregshof in Pretoria ingedien, maar onderhandelings tussen die partye het reeds in 2013 begin.

Aanvanklik het die departement die saak teengestaan, maar nadat hy ná twee jaar versuim het om enige hofstukke in te dien, het die hof gelas die saak sal voortgaan.

Die applikante, wat deur Lawyers for Human Rights verteenwoordig is, het die grondwetlikheid van art. 2(1)(a) en (b) in die hof betwis en aangevoer albei is ongrondwetlik en dat die departement dadelik vir hulle burgerskap moet gee.

Burgerskap is nie net ’n status nie. Dit strek tot die binneste van ’n persoon se identiteit, die gevoel dat jy deel van ’n gemeenskap is, en waar xenofobie ’n werklikheid is, tot die veiligheid van ’n persoon bydra

Die hooggeregshof het wel bevind art. 2(1)(a) is ongrondwetlik en moet aangepas word, maar het versuim om redes vir die bevinding te verskaf, volgens die konstitusionele hof se bevinding.

Omdat art. 2 (1)(a) ongrondwetlik bevind is, moes dit volg dat art. 2 (1)(b) beteken dat die applikante burgerskap sou kon kry.

Hierna moes die saak in die konstitusionele hof bekragtig word sodat dit in die wet aangepas kon word, maar in ’n meerderheidsuitspraak het regter Sisi Khampepe bevind art. 2 (1)(a) is nie ongrondwetlik nie.

Die hof het gesê die bewoording van die artikel is van so ’n aard dat dit op meer as net een manier geïnterpreteer kan word en daarom het hulle nie die hooggeregshof se bevinding bekragtig nie.

Hulle het wel bevind die departement moet dadelik die applikante met identiteitsnommers verskaf en as burgers van Suid-Afrika registreer.

Dit beteken nie dat diegene wat voor 2013 buite die land gebore is, nie burgers is nie. Die hof het gelas die applikante en mense in soortgelyke omstandighede (mense wat aan Suid-Afrikaanse ouers gebore is voor of ná 2013) val onder art. 2 (1)(b) van die wet en daarom is hulle burgers van geboorte.

Khampepe sê burgerskap is baie belangrik in Suid-Afrika, veral as ’n mens die “afskuwelike geskiedenis van die ontneming daarvan in die afgelope 100 jaar in gedagte hou”.

“Burgerskap is nie net ’n status nie. Dit strek tot die binneste van ’n persoon se identiteit, die gevoel dat jy deel van ’n gemeenskap is, en waar xenofobie ’n werklikheid is, tot die veiligheid van ’n persoon bydra,” sê sy.

Meer oor:  Konstitusionele Hof  |  Uitspraak  |  Burgerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.