Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dis ‘grappie’, hoor hof oor pa se seksdade met kleuter

Hy weet nie hoe sy eie dogtertjie (4) teen hom kon draai nie, het ’n sakeman van Bloemfontein in die streekhof getuig oor die beweerde verkragting en molestering van sy eie dogter en sy stiefseun.

Die 41-jarige pa van Gardeniapark ontken voor streeklanddros Jan Greyvenstein dat hy sy stiefseun (9) van 2012 tot 2016 en sy dogtertjie in 2016 verskeie kere verkrag en seksueel aangerand het.

Die sakeman Donderdag in die beskuldigdebank in die streekhof in Bloemfontein. Foto: Alzane Narrain

Hy het Donderdag getuig die twee kinders was baie geheg aan hom.

Oor die aanklagte teen hom het hy in kruisondervraging deur adv. Ronell Botha, vir die staat, getuig die bewerings gaan sy verstand te bowe.

Hy het tranerig geraak op ’n stelling van Botha dat dit nie ongewoon vir kinders is om geheg aan hul molesteerders te raak nie.

Hy het gesê ’n voorval waarin sy dogtertjie met ’n Weense worsie aan haar ma, nou sy eksvrou, gedemonstreer het hoe sy orale seks met hom gepleeg het, “was net ’n grappie”.

Omdat hy ’n houtbeen het, is dit fisiek onmoontlik vir hom om op ’n stapelbed te klim om die seun te molesteer, het hy gesê. “Die bed sou breek.”

Die pa het in die getuiebank kwaai kleigetrap om te verduidelik om watter rede die kinders uit sy sorg verwyder is.

Die verhoor is tot volgende maand uitgestel.

Hanlie Fourie van Booysen en Fourie-prokureurs tree vir die man op.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Sakeman  |  Getuienis  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.