Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dis Gupta teen Gupta in hof

Betoë is Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria in ’n saak aangehoor waarin Oakbay, ’n houermaatskappy van die Guptas, ’n bevel versoek om die sakereddingpraktisyns van Tegeta Exploration and Resources te verwyder.

Oakbay besit 29% van Tegeta, wat ook Optimum Coal Mine, Optimum Coal Terminal en Koornfontein bedryf. Almal van hulle is in sakeredding.

Die mynmaatskappy, wat voorheen ’n kontrak gehad het om steenkool aan Eskom te verkoop, eis ’n likwidasiebevel teen Oakbay weens uitstaande skuld.

Die sakereddingpraktisyns het in September 2018 ’n hofaansoek gebring om Oakbay Investments te likwideer.

Hulle het gesê Oakbay skuld Tegeta sowat R2,4 miljoen in agterstallige huur.

Oakbay betwis dit op verskeie gronde, waaronder ’n beweerde huurooreenkoms wat in September aangegaan is.

Oakbay het voor regter Sulet Potterill aangevoer die Tegeta-aansoek is “misbruik van ’n proses”. Dit is glo op verskuilde motiewe geskoei, en ander regsmiddels kan versoek word.

Die maatskappy het gesê die aansoek moet hangende ’n arbitrasieproses vir eers tersyde gestel word.

Uitspraak is voorbehou. - FIN24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.