Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dís hoekom Vicki Momberg die owerhede dagvaar

Vicki Momberg wil nie die owerhede vir miljoene rande dagvaar om haarself te verryk nie, sê adv. Anesh Sukdeo, haar regsverteenwoordiger.

Sy wil eerder keer “dat iemand anders in die toekoms aan dieselfde onregverdige vervolging as sy onderwerp word”.

Momberg dagvaar die ministers van polisie, Bheki Cele, en justisie, Ronald Lamola, asook die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, vir R8,5 miljoen weens onregmatige inhegtenisneming, aanhouding en kwaadwillige vervolging.

Die drie word in hul hoedanigheid as die mees senior personeel in hul onderskeie instellings gedagvaar.

Momberg is voor Kersfees as deel van die presidensiële vermindering van vonnisse vrygelaat nadat sy byna twee maande agter tralies was.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA â?? SEPTEMBER 06: Racis
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA â?? SEPTEMBER 06: Racism accused Vicki Momberg during her appearance at the Randburg Magistrate Court for charges of crimen injuria on September 06, 2016 in Johannesburg, South Africa. Momberg was seen in viral video making racially discriminatory comments against black people in South Africa. The case was postponed to October 18, 2016. (Photo by Gallo Images / Beeld / Felix Dlangamandla)

“My kliënt is wel vrygelaat en sy kan aangaan met haar lewe. Sy is egter onregmatig in die tronk gegooi en is vir sowat 60 dae van haar vryheid ontneem,” het Sukdeo Donderdag gesê.

Momberg is in 2017 skuldig bevind aan vier aanklagte van crimen injuria nadat sy ’n jaar tevore ’n swart polisiebeampte 48 keer die k-woord toegesnou het.

Sy is in Maart 2018 tot twee jaar tronkstraf gevonnis met ’n bykomende jaar wat opgeskort is.

Momberg is op borgtog vrygelaat hangende die uitkoms van haar appèlhof-aansoek, wat in Junie vanjaar deur die hooggeregshof in Johannesburg van die hand gewys is. Sy wil die appèlhof nou weer nader.

Volgens Sukdeo spruit die dagvaardings uit die wyse waarop haar jongste inhegtenisneming op 6 November 2019 plaasgevind het.

Die landdroshof in Randburg het ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming uitgereik omdat sy volgens dié hof haar borgtogvoorwaardes oortree het deur onder meer nie betyds sekere dokumente by die hof in te handig nie. Die polisie het ook glo nie geweet waar sy haar bevind nie.

Sukdeo sê egter Momberg was deurgaans met die owerhede in verbinding en dat sy nooit probeer vlug het of haar borgtogvoorwaardes verbreek het nie.

“Toe die polisie haar in hegtenis wou neem, het hulle nie eens die regte papierwerk gehad nie,” sê hy.

Toe die polisie haar in hegtenis wou neem, het hulle nie eens die regte papierwerk gehad nie

Volgens hom is kennisgewings per e-pos en per pos aan Cele, Lamola en Batohi gestuur waarin hulle ingelig word dat hulle 60 dae het om te reageer voordat Momberg regstappe doen.

Lirandzu Themba, Cele se woordvoerder, het Donderdag gesê die minister het nog geen kennisgewing ontvang nie, terwyl Lamola en Batohi se regsverteenwoordigers alle navrae na die staatsprokureur verwys het.

Sukdeo sê hy verstaan nie hoe dit moontlik is dat Cele nog nie sy kennisgewing ontvang het nie. Sukdeo sê Cele hoort dit wel in die hande te kry omdat hy die kennisgewing ook per pos gestuur het.

Hy sê Momberg en ’n ander regsverteenwoordiger van haar is besig om dokumente op te stel om steeds haar vonnis weens crimen injuria in die appèlhof te beveg.

“Ons het die gevoel dat politieke motiewe ’n rol in my kliënt se vervolging gespeel het. Ek praat nie goed wat my kliënt gedoen het nie, maar ons tronke is nie gebou vir mense wat haatspraak pleeg nie. Is dit reg dat Vicki in die tronk gegooi is omdat sy sonder geweld die k-woord (herhaaldelik) gebruik het? Dit is die vraag,” sê Sukdeo.

Ons het die gevoel dat politieke motiewe ’n rol in my kliënt se vervolging gespeel het. Ek praat nie goed wat my kliënt gedoen het nie, maar ons tronke is nie gebou vir mense wat haatspraak pleeg nie.

Meer oor:  Haatspraak  |  Anesh Sukdeo  |  Rassisme  |  Vicki Momberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.