Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Dis net logies,’ sê Zuma oor besluit in hofaansoek
Pres. Jacob ZumaFoto: ALET PRETORIUS

Pres. Jacob Zuma voer aan sy skielike ommeswaai oor ’n belangrike deel van sy hofaansoek waarin hy vra dat adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer (OB), se verslag oor staatskaping hersien moet word, weens ’n “logiese gevolgtrekking” is.

Dit kom nadat adv. Ishmael Semenya SC, lid van Zuma se regspan, skielik Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gesê het dat die president besluit het om die deel van sy hofaansoek wat bepaal dat die staatskapingsverslag na die OB terugverwys word indien die aansoek suksesvol is, nie meer staan nie.

“Die president het in die parlement gesê dat hy wag op die finalisering van die hersieningsaansoek om die kommissie van ondersoek na staatskaping aan te stel – nie deur voorskrywery nie.

“Gegewe die president se ondubbelsinnige onderneming om ’n kommissie van ondersoek aan te stel, was dit ’n logiese gevolgtrekking om nie die hof te vra om die kwessie terug te verwys na die OB vir verdere ondersoek ingeval die president suksesvol is nie,” het dr. Bongani Ngqulunga, presidensiële woordvoerder, Donderdag in ’n verklaring gesê.

Sy verklaring lui verder dat Zuma se besluit om nie voort te gaan met die aansoek om die kwessie na die OB terug te verwys nie, die president die geleentheid sal bied om op te tree met wat hy in die parlement verklaar het, inaggenome dat só ’n proses “die vertroue van die publiek geniet en dat die resultaat daarvan geloofwaardig en legitiem is”.

Minstens drie opposisiepartye – die EFF, Cope en die UDM – het die hof voor die presidensiële regspan se dramatiese aankondiging gevra om Zuma se aansoek te verwerp en hom te beveel om al die regskoste self te betaal.

Zuma, verskeie staatsentiteite en die omstrede Gupta-familie, staan glo aan die spits van beweerde staatskaping.

Daar is groot druk uit opposisiegeledere, sowel as uit Zuma se eie party – die ANC – om die kommissie so gou as moontlik aan te stel. Veral adj.pres. Cyril Ramaphosa maak sterk voorbrand vir die aanwys van só ’n kommissie en verwys in bykans elke openbare toespraak daarna.

Meer oor:  Hofaansoek  |  Jacob Zuma  |  Besluit  |  Thuli Madonsela
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.