Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dlamini hoor vandag of sy gaan moet opdok

Die konstitusionele hof sal na verwagting Donderdag beslis of Bathabile Dlamini, die voormalige minister van maatskaplike ontwikkeling, persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir regskoste wat aangegaan is in die Sassa-debakel.

Bathabile Dlamini Foto: Sarel van der Walt

Dit kom nadat die hof in Maart 2017 beveel het Dlamini moet verduidelik waarom sy nie die regskoste van die saak persoonlik moet betaal nie.

Regter Johan Froneman het ook drie maande later ’n ander bevel gemaak – dat verdere ondersoek gedoen moet word na waarom Dlamini persoonlik aanspreeklik gehou kan word.

Die donker wolk wat oor Dlamini se kop hang dateer van 2014, toe die hof beslis het dat die kontrak wat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) twee jaar vantevore met Cash Paymaster Services (CPS) aangegaan het, onwettig en ongeldig was.

Die hof het die bevel van ongeldigheid tot 31 Maart 2018 opgeskort om die departement van maatskaplike ontwikkeling en Sassa tyd te gee om ’n nuwe verskaffer te vind, die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPO).

Die hof het ook beveel dat CPS steeds van 12 April vir 12 maande maatskaplike toelaes betaal.

Dlamini het voorheen gesê sy voel dat een individu nie uitgesonder moet word vir die situasie waarin Sassa hom bevind het nie.

Sassa het tot 30 September om meer as drie miljoen begunstigdes, wat steeds van die ou CPS-infrastruktuur afhanklik is, oor te dra na die nuwe SAPO-stelsel. Die agentskap moet ook ou Sassa-kaarte omruil vir nuwe SAPO-kaarte.

Nadat daar aanvanklik in April stadige vordering gemaak is, het die agentskap in Mei en Junie ongeveer 1,5 miljoen begunstigdes suksesvol oorgedra het, en nog ’n verdere 300 000 in Julie.

Meer oor:  Bathabile Dlamini  |  Sassa  |  Konstitusionele Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.