Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Marli se DNS dalk ‘gemis’

Daar was dalk wel van Marli van Breda se DNS op die byl waarmee haar ouers en broer vermoor is, maar dit is net in toetse “gemis”.

Kapt. Marius Joubert, bloedspatselkenner van die polisie, het Dinsdag in Henri van Breda se moordverhoor in die hooggeregshof in Kaapstad toegegee dit is ’n moontlikheid.

Van Breda staan tereg op onder meer aanklag van moord op sy ouers, Martin en Teresa, en sy broer, Rudi.

Hy ontken skuld en voer aan ’n gemaskerde inbreker het sy gesin met ’n byl uitgewis. Sy suster, Marli, het die aanval oorleef, maar ly aan geheueverlies.

Die staat het sy saak Maandag, op die 40ste dag van die verhoor, afgesluit. 116 getuies was op die staat se lys, maar net 27 is geroep.

Regter Siraj Desai en sy assessor, Annette de Lange, vra kapt. Marius Joubert van die polisie gister in die hooggeregshof in Kaapstad uit. Foto: Skermgreep/Netwerk24

Regter Siraj Desai het Dinsdag vrae aan Joubert gestel en hy het onder meer ook toegegee: Dat Marli moontlik aangeval is deur iemand wat uit haar broers se kamer gekom het;

* Dat daar waarskynlik ’n bloedspoor van bo-op die trappe tot buite die huis moes gewees het as sy deur ’n vlugtende persoon aangeval is; en

* Dat ’n bloedspatsel agterop Henri se sokkie kan beteken dat hy weg van sy aanvaller gestaan het, maar ook dat “ ’n regterhandse gholfspeler wat die stok met albei hande swaai” sy voet moontlik vorentoe kan draai sodat die agterkant vorentoe wys.

Adv. Pieter Botha, Van Breda se regsverteenwoordiger, het die hof gister in kennis gestel dat die verdediging net drie kenners roep om te getuig – en daarna moontlik die beskuldigde.

Botha het gesê hy beplan om dr. Antonel Olckers, ’n DNS-kenner, op 9 Oktober te roep om te getuig, waarna hy dr. Reggie Perumal, ’n patoloog wat deel was van Oscar Pistorius se verdedigingspan, sal roep.

Botha het gesê hy sal ook ’n neurochirurg roep om oor harsingskudding te getuig.

“Die verdediging se geld is vinnig besig om op te droog,” het hy gesê.

Hy wil daarom so gou moontlik sy kenners se hof­datums bevestig omdat hulle professionele mense is. Eers daarna wil hy Van Breda moontlik laat getuig.

Adv. Susan Galloway, staatsaanklaer, is nie ten gunste daarvan nie, want volgens haar kan Van Breda sy weergawe aanpas en selfs besluit om nié te getuig nie.

Dan sal die staat nooit die geleentheid kry om hom te kruisondervra nie en sy pleitverduideliking moet dan as sy enigste getuienis aanvaar word.

“Henri het nie hof toe gekom, skuld ontken en sy reg op stilswye uitgeoefen nie. Hy het in detail beskryf wat gebeur het en dit sal nie in sy guns tel as hy sy weergawe verander nie,” het Botha ­gesê.

Desai het gesê die partye moet Woensdag in die hof betoog oor dié aspek, om Henri moontlik eers ná die kenners te laat getuig.

Meer oor:  Dns  |  Henri Van Breda  |  Moordsaak  |  Bloed  |  Getuienis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.