Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Don Steenkamp se appèlaansoek nog nie gereed

Don Steenkamp, wat op 15 Augustus 23 jaar oud word, se appèlaansoek teen sy skuldigbevinding en vonnis nadat hy sy ouers en suster sewe jaar gelede op hul plaas naby Griekwastad vermoor het, is nog nie afgehandel nie.

Volgens die prokureur Riaan Bode raadpleeg hulle steeds deskundiges en ondersoek tegniese getuienis om in hul appèlaansoek te gebruik.

Steenkamp dien sy tronkstraf van 20 jaar in die gevangenis in Upington uit weens die moord op sy ouers, Deon (44) en Christel (43), en die moord op en verkragting van sy suster, Marthella (14).

Hy het hulle op Goeie Vrydag, 6 April 2012, in hul plaashuis op Naauwhoek doodgeskiet. Hy is ook aan regsverydeling skuldig bevind.

Bennie Heckroodt, Steenkamp se eertydse voog en ondersteuner, sê hoewel hy weet hoe dit met Steenkamp gaan, wil hy geen kommentaar lewer nie.

Marianna Smith, Steenkamp se tante, sê sy het jare laas met hom gepraat en hom by sy vonnisoplegging in 2014 laas gesien.

’n Ingeligte sê dit gaan goed met Steenkamp in die gevangenis en dat hy positief is. Hy het sy matriek behaal en besin oor verdere studie.

Meer oor:  Don Steenkamp  |  Appèlaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.