Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dood van 10-jarige: Dokters kry borgtog

Prof. Peter Beale, pediatriese chirurg, en dr. Abdulhay Munshi, narkotiseur, is Dinsdag op R10 000 elk borgtog vrygelaat nadat hulle op aanklag van strafbare manslag in die landdroshof in Johannesburg verskyn het.

Die pediatriese chirurg prof. Peter Beale, wat aangekla word van manslag, verlaat Dinsdag die landdroshof in Johannesburg. Foto: Werner Beukes
Prof. Peter Beale is op R10 000 borgtog vrygelaat. Foto: Werner Beukes

Die saak is vir verdere ondersoek tot 31 Maart uitgestel.

Beale en Munshi het vlugtig in die hof verskyn nadat hulle hul Dinsdagoggend by die polisiekantoor in Hillbrow aangemeld het.

Lasbriewe vir die dokters se inhegtenisneming is verlede week uitgereik nadat Zayyaan Sayed (10) op 11 Oktober ’n laparoskopie ondergaan het waarna sy long platgeval en hy later dood is. Sy pa, Mohammadh Sayed, het ’n klag teen die twee dokters ingedien.

Beale en Munshi is voorlopig geskors hangende ’n ondersoek deur Netcare na die seun se dood .

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Netwerk24 bevestig dat die mans op aanklag van strafbare manslag in die hof verskyn ná die dood van Zayyaan.

Beale, in ’n wit-en-blou blokkieshemp, en Munshi, in ’n pak met ’n ligkleurige hemp en donker das, het ná hul verskyning hul borgtoggeld betaal en uitdrukkingloos by die hofgebou uitgeloop.

Deel van hul borgtogvoorwaardes is dat hulle nie met getuies mag kommunikeer nie en tot hul volgende hofverskyning in Gauteng moet bly. Munshi mag wel na Dubai reis, maar moet met sy terugkeer sy paspoort aan die polisie oorhandig.

Dr. Abdulhay Munshi verlaat Dinsdag die landdroshof in Johannesburg. Foto: Werner Beukes
Die narkotiseur dr. Abdulhay Munshi verlaat die landdroshof in Johannesburg nadat hy op borgtog van R10 000 vrygelaat is. Foto: Werner Beukes
Dr. Abdulhay Munshi het in die hof verskyn nadat hy Dinsdagoggend by die polisiekantoor in Hillbrow aangemeld het. Foto: Werner Beukes

Dr. Kgosi Letlape, hoof van die Raad op Gesondheidsberoepe, het Dinsdag by navraag gesê dat die raad sy eie ondersoek oor die aangeleentheid doen.

“Ek dink daar is oorhaastig opgetree en oorgegaan tot die kriminalisering van professionele persone sonder dat die saak eers na behore deur die raad ondersoek is,” sê Letlape.

“Dokters werk elke dag met lewe en dood en om hulle uit die staanspoor van ’n misdaad aan te kla saai nie net onnodig paniek nie, maar is op lang termyn sleg vir die mediese beroep. Klagte van dié aard teen dokters behoort eers aanhangig gemaak te word wanneer daar bevind is dat ’n pasiënt leed aangedoen is deur ’n roekelose, onverskillige of opsetlike handeling,” sê Letlape.

Meer oor:  Zayyaan Sayed  |  Johannesburg  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.