SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Doodskis-saak: Appèl slaag, vonnis verminder

Die appèlaansoek van die sogenaamde doodskis-twee het Maandag in die appèlhof in Bloemfontein geslaag.

Die appèlhof het beslis Willem Oosthuizen en Theo Jackson word effektief tot vyf jaar gevonnis.

Die vonnis is terugwerkend tot Augustus 2017 toe hulle skuldig bevind is.

Hulle is in die rondgaande hof in Middelburg, Mpumalanga, skuldig bevind aan die aanranding en ontvoering van Victor Mlotshwa nadat hulle hom “wou goed skrik maak” deur hom in 'n doodskis in te dwing nadat hy glo koperkabels gesteel het.

Hulle is in Oktober 2017 onderskeidelik effektief 11 en 14 jaar tronkstraf opgelê.

Die appèlhof het Oosthuizen vyf jaar tronkstraf opgelê vir aanranding en ’n jaar vir ontvoering, wat samelopend uitgedien word.

Jackson is ook vyf jaar tronkstraf vir aanranding en ’n jaar vir ontvoering opgelê, en ook nog een jaar vir regsverydeling.

Willem Oosthuizen en Theo Jackson tydens ’n vorige hofverskyning. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Theo Jackson  |  Willem Oosthuizen  |  Middelburg  |  Doodskis-Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.