Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Drie mans in hof ná vermeende plaasrooftog

Drie vermeende plaasrowers wat ’n egpaar naby Tweeling in die Vrystaat aangeval het, sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Fouriesburg verskyn.

Volgens kapt. Zweli Mohobeleli, ’n polisiewoordvoerder, staan die mans tereg op aanklagte van die besit van gesteelde goedere nadat ’n plaaswerker (59) en sy 50-jarige vrou Dinsdagaand omstreeks 22:00 vasgebind en beroof is.

Die vrou is ook in die voorval aangerand, maar haar man is ongedeerd.

Twee van die mans is die volgende dag naby die Lesotho-grenspos aangekeer terwyl die ander een later dié dag op Warden in hegtenis geneem is.

Van die gesteelde goed wat twee vuurwapens, ammunisie, skoene, selfone en kontant insluit, is in hul besit gekry.

Meer oor:  Tweeling  |  Vrystaat  |  Hof  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.