Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Drie vermeende aanhitsers gou in hof

Drie vermeende aanhitsers van die geweld en plundery sal onderskeidelik vandag en môre in die hof verskyn.

Die verdagte wat Donderdag in Roodepoort in hegtenis geneem is, sal vandag in die Randfontein-hof verskyn. Die verdagte wat Vrydag in hegtenis geneem is, sal in die Westonaria-hof verskyn.

’n Derde verdagte – ’n 21-jarige vrou – is Saterdag in Duduza in die Ekurhuleni-distrik in hegtenis geneem en sal na verwagting môre in die Nigel-landdroshof verskyn, het genl.maj. Mathapelo Peters, ’n polisiewoordvoerder, Sondag in ’n verklaring gesê.

Die drie is deel van die 3 407 mense wat tot dusver in hegtenis geneem is. Tot dusver het net een verdagte borgtog gekry, 1 122 verdagtes sal in die hof verskyn en die res van die sake word ondersoek. 14 mense is die naweek in hostelle in hoofsaaklik Tembisa, Johannesburg, Alexandra en Moroka in hegtenis geneem weens die beweerde besit van geplunderde eiendom. Daar is beslag gelê op matrasse, TV-stelle, sitkamerstelle, yskaste, hoëtrou­stelle, kos en klere.

Die naweek is 92 verdagtes in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Aanhitsers  |  Hofverskyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.