Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dringende aansoek kom oor besetters op plaas
Besetters meet erwe uit op dr. Motodi Maserumule se plaas buite Pretoria. Foto: Verskaf

AfriForum bring Vrydag ’n dringende hofaansoek om die polisie te verplig om onwettige besetters van ’n plaas buite Pretoria te verwyder.

Die burgerregteorganisasie bring dié aansoek namens dr. Motodi Maserumule, ’n senior wetenskaplike by die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR).

Ian Cameron, nasionale veiligheidshoof van AfriForum, sê besetters is al sedert Maandag besig om erwe op Maserumule se grond uit te meet. “Vier hutte staan reeds. Daar is ook ’n klomp erwe waar pale en pype reeds geplant is. ’n Stootskraper is tans besig om die erwe skoon te maak.”

Volgens Cameron het ’n “baie keelvolle dr. Maserumule” die organisasie genader omdat die polisiekantore van Soshanguve en Pretoria-Noord glo geweier het om sake van betreding te ondersoek, “ondanks die feit dat Maserumule sy titelakte kon bewys”.

Hy sê AfriForum het die polisie van plaaslike tot die provinsiale kantoor genader, en kon eers teen Woensdagaand ’n dossier by die Soshanguve-polisiekantoor oopmaak.

“Teen gister (Donderdag) het die polisie nog niks verder gedoen nie. Ons het gister met dr. Maserumule en ons regspan gekonsulteer en is gereed om die aansoek in die hooggeregshof in Pretoria te bring,” sê Cameron.

Die polisie het nie onmiddellik kommentaar gelewer nie.

Besetters meld by die “kantoor” aan.Foto: Verskaf
Besetters kom met taxi’s op dr. Motodi Maserumule se plaas buite Pretoria aan en meet erwe uit. Foto: Verskaf

Meer oor:  Grondgrypers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.