Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Dronk’ bestuurder ná tref-en-trap in hof

’n Vermeende dronkbestuurder wat Sondagoggend van die toneel van ’n noodlottige ongeluk in Port Elizabeth probeer vlug het, sal Donderdag om borgtog aansoek doen.

Kelvin Zirema (31), wat volgens sy Facebook-profiel ’n vlieënier is, was na bewering onder die invloed van alkohol toe hy twee voetgangers omgery en toe teen vier stilstaande motors vasgery het.

Kelvin ZiremaFoto: Facebook

Die polisie het Zirema, ’n Zimbabwiese burger, as die bestuurder van die Audi A4 geïdentifiseer wat Sondag omstreeks 04:00 vir Anthony Agbo (35) en ’n onbekende 26-jarige vrou in Beachweg aan Port Elizabeth se strandfront omgery het.

Agbo is op die toneel dood.

Die vrou, wat in Zwide in die stad bly, se been is in die ongeluk afgeruk. Sy is steeds in die hospitaal.

Volgens ’n bron wat op die toneel was het die bestuurder van die Audi teen ’n hoë spoed gery toe die ongeluk gebeur het. Die bron sê die geluid van die Audi se hoë spoed het die aandag van omstanders getrek, waarna die ongeluk voor hulle gebeur het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê nadat die Audi die twee voetgangers getref het wat langs die middelmannetjie in die pad gestaan het, het die motor teen die motors naby die Humewood-hotel vasgery.

Toe die Audi tot stilstand kom, het die bestuurder uitgeklim en laat spaander.

Naidu sê die polisie was egter vinnig op die toneel en die man is ná ’n kort jaagtog vasgetrek.

Zirema het Dinsdag sy eerste hofverskyning op aanklagte van dronkbestuur, strafbare manslag en roekelose en/of nalatige bestuur in die landdroshof in Port Elizabeth gemaak. Die saak is tot Donderdag uitgestel vir ’n aansoek om borgtog.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.