Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dros-saak: Verkragte meisie getuig moontlik vandag

Die hooggeregshof in Pretoria sal Woensdag na verwagting van die sewejarige meisie self hoor wat op 22 September 2018 in die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, gebeur het toe Nicholas Ninow haar in ’n toilethokkie vasgekeer het.

Nicholas Ninow se ma, Chantelle, kyk hoe hy die trappe na die hof se aanhoudingselle bestyg, nadat die hofverrigtinge ná teetyd hervat het. Foto: Deaan Vivier

Adv. Dorah Ngobeni, aanklaer, het ná Dinsdag se hofverrigtinge aan regter Jonas Mosopa gesê die klaagster was nie beskikbaar om daardie dag (Dinsdag) te getuig nie.

Daarom beoog sy om die ma én die kind eers Woensdag te roep. Die kind sal waarskynlik in camera getuig.

Sy sal dit met die hulp van ’n tussenganger vanuit ’n aparte vertrek wat toegerus is met kringtelevisiekameras doen.

In so ’n geval word vrae aan die tussenganger gestel, wat dit dan in eenvoudige en verstaanbare taal aan die kindergetuie oordra. Danksy die kringtelevisie kan mense in die hof die tussenganger én die kind hoor, maar die kind is nie blootgestel aan ’n formele hofsituasie nie en hoef nie die beskuldigde te sien nie.

Dit is nog onbekend of die ma ook in camera sal getuig, en wie van die twee eerste geroep sal word.

Die ma en dogter se getuienis word benodig nadat die staat Maandag nié Ninow se skuldbekentenis op die twee aanklagte van verkragting aanvaar het nie.

Nicholas Ninow in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Hy het in sy pleitverduideliking erken dat hy die meisie in ’n toilethokkie in die restaurant se vrouebadkamer oraal en met sy vingers verkrag het.

Die staat het daarop aangevoer dat sy pleitverduideliking nie ooreenstem met die omstandighede van die misdaad soos deur die slagoffer beskryf is nie.

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Pretoria  |  Verkragter  |  Dros-Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.