Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dros-verkragter vandag terug in hof

Nicholas Ninow, die Dros-verkragter, verskyn Woensdag weer in die hooggeregshof in Pretoria. Voorvonnisverslae sal na verwagting aan die hof voorgelê word.

Herman Alberts, Ninow se prokureur, het met sy vorige hofverskyning gesê hy wil ’n proefbeampteverslag en ’n sielkundige verslag bekom. Hierin sal vermoedelik besonderhede van Ninow se beweerde stormagtige kinderjare wees wat ter strafversagting aan die hof voorgehou sal word.

Nicholas Ninow in September vanjaar tydens sy verhoor in die hooggeregshof in Pretoria.Foto: Deaan Vivier

Adv. Dorah Ngobeni, staatsaanklaer, het gesê sy wil ’n verslag oor die impak van die voorval op die slagoffer bekom.

Ninow het skuld beken op twee aanklagte van verkragting, maar dit is verwerp.

Regter Mokhine Jonas Mosopa het Ninow op 17 September vanjaar skuldig bevind daaraan dat hy ’n sewejarige meisie op 22 September 2018 na die vrouekleedkamer in die Dros-restaurant in Silverton gevolg en toe verkrag het.

Ninow word in ’n enkelsel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria aangehou, doelbewus weg van ander gevangenes.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het vroeër gesê ’n behoefte-assessering is deur verskeie spesialiste gedoen en daar is bevind dat hy ’n bedreiging vir homself kan wees.

Weens Ninow se bekendheid kan ander gevangenes ’n gevaar vir hom inhou.

Sodra Ninow gevonnis is, sal die departement ’n vonnisplan uitwerk met ’n geskikte plek waar hy sy vonnis kan uitdien.

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Pretoria  |  Dros-Verkragter  |  Hof  |  Hofverskyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.