SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Hof
Dros-verkragting: Baie betogers by hof verwag
Nicholas Ninow tydens 'n vroeëre verskyning in die hof.

Baie betogers word weer Donderdag by die landdroshof in Pretoria verwag waar die verdagte in die sogenaamde Dros-verkragtingsaak sal verskyn.

Die saak teen Nicholas Ninow (20) is in Oktober vir verdere ondersoek uitgestel nadat die aanklaer, adv. Sanet Jacobson, gesê het hulle wag nog vir DNS-uitslae en sekere fotogetuienis.

Die staat en polisie wou ook Ninow se selfoon bekom.

Jacobson sê die polisie het reeds in daardie stadium al die meeste van die getuieverklarings afgeneem.

Oor Ninow se foon het sy aan landdros Marley Mokoena verduidelik dat dit “relevant” tot die ondersoek is, maar dat sy ouma nie kon help om dit op te spoor nie.

Riaan du Plessis, Ninow se regsverteenwoordiger van Regshulp SA, het geantwoord dat die staat nie ’n beskuldigde kan versoek om te help met ’n ondersoek teen hom nie.

Nicholas Ninow Foto: Deaan Vivier

Hy sê die foon is Ninow se private eiendom en hy het die reg om nié inligting wat selfinkriminerend is te gee nie.

“Die beskuldigde wil die staat in die stadium nie help nie, omdat ek en hy nog nie gekonsulteer het nie. Hy mag dit ná behoorlike konsultasie heroorweeg,” het Du Plessis tydens die vorige hofverskyning gesê.

Mokoena het saamgestem dat die staat ’n formele aansoek vir die foon sal moet indien, en die saak is toe uitgestel.

Daar sal moontlik Donderdag meer duidelikheid oor dié uitstaande aangeleenthede wees.

Ninow word daarvan beskuldig dat hy ’n sewejarige meisie op 22 September in die Dros-restaurant in Silverton, Pretoria, verkrag het.

Hy het die meisie na bewering na die vrouebadkamer agtervolg en haar in een van die toilethokkies vasgekeer.

Haar ma en ander mense, insluitende kelners, het hulle daar gekry.

Ninow word ook van die besit van dwelms aangekla. Die middel wat daardie aand in sy besit gevind is, is vir laboratoriumtoetse gestuur om te bepaal of dit wel kokaïen is, soos vermoed word.

Hy word ook aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer omdat hy glo met sy gordel na kelners wat hom probeer aankeer het, geslaan het.

Hoewel Donderdag se hofverskyning na verwagting net vir uitstel van die saak sal wees, het verskeie vroue- en kinderregteorganisasies gesê dat hulle weer buite die hofgebou sal betoog.

Die DA en die ANC-vroueliga sal ook daar wees.

Die hofsaal was laas so vol dat net drie lede van elke organisasie of politieke partye binne toegelaat is.

Aanklaers in die hof het hierop gevra of die publiek en politici ook so gaan “opruk” na die horde ander kinderverkragtingsake in die gebou.

Verkeer gaan druk wees

Die Tshwane-metropolisie waarsku dat die verkeer in die Pretoriase middestad Donderdag druk gaan wees weens strate wat rondom die hof afgesper gaan word.

“Verskeie organisasies se lede gaan per bus van verskillende provinsies af kom. Die betogers sal om 08:00 in Francis Baard-straat (Schoemanstraat) afgelaai word, waarna die busse by die ou Putco-depot in Marabastad, tussen Struben- en Bloedstraat, sal parkeer,” sê sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder.

Die gedeelte van Francis Baard-straat tussen Sophie de Bruyn-straat (Schubartstraat) en Bosmanstraat, sal van 08:00 tot 15:00 heeltemal vir verkeer gesluit wees.

Die polisie en metropolisie sal ook Kerkplein dophou waar daar moontlik nog betogers sal byeenkom.

Verkeer gaan druk wees

Die Tshwane-metropolisie waarsku dat die verkeer in die Pretoriase middestad Donderdag druk gaan wees weens strate wat rondom die hof afgesper gaan word.

“Verskeie organisasies se lede gaan per bus van verskillende provinsies af kom. Die betogers sal om 08:00 in Francis Baard-straat (Schoemanstraat) afgelaai word, waarna die busse by die ou Putco-depot in Marabastad, tussen Struben- en Bloedstraat, sal parkeer,” sê sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder.

Die gedeelte van Francis Baard-straat tussen Sophie de Bruyn-straat (Schubartstraat) en Bosmanstraat, sal van 08:00 tot 15:00 heeltemal vir verkeer gesluit wees.

Die polisie en metropolisie sal ook Kerkplein dophou waar daar moontlik nog betogers sal byeenkom.

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Pretoria  |  Hof  |  Hofverskyning  |  Dros-Verkragting  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.