Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Druiweboer se saak van aanranding uitgestel

Die saak teen ’n bekende tafeldruifboer van Vredendal in die Wes-Kaap wat glo ’n man aangerand het, is Maandag in die plaaslike landdroshof tot 5 April vir verdere ondersoek uitgestel.

Wilfred Stephan (56) is op 12 Desember verlede jaar in hegtenis geneem nadat hy glo ’n man op sy plaas aangerand het.

Wilfred Stephan praat Maandag met sy regsverteenwoordiger buite die landdroshof in Vredendal nadat sy saak tot 5 April uitgestel is. Foto: Verskaf

Nadat hy op ’n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die hof verskyn het, is hy op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die voorval was glo op Stephan se plaas, Dadelbos. Stephan is die man van die voormalige

DA-burgemeester van die Matzikama-munisipaliteit, Rhenda Stephan.

Stephan het die man glo daarvan beskuldig dat hy sy plaas onregmatig betree het en het hom glo met ’n pyp geslaan en sy been gebreek. Die man was glo op die plaas om sy suster, wat op die plaas werk, te besoek.

Stephan, wat ook ’n senior lid van die plaaslike AfriForum-tak was, is die Donderdag ná die voorval deur

die organisasie geskors nadat hulle ingelig is dat hy vir beweerde aanranding in hegtenis geneem is.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê enige persoon wat hom of haar aan enige vorm van geweld of die skending van iemand se menswaardigheid skuldig maak, moet die gevolge daarvan dra. “Die reg moet sy gang gaan.”

Anton Bredell, DA-voorsitter in die Wes-Kaap, het gesê die DA het ná die voorval met ’n dissiplinêre proses begin, maar Stephan het uit die DA bedank.

Meer oor:  Vredendal  |  Hof  |  Uitgestel  |  Aanrandingsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.