Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Duduzane ‘nie nalatig’; vra ontslag

Duduzane Zuma se regspan het Woensdag gevra dat die saak teen hom oor die dood van ’n passasier in ’n minibustaxi laat vaar word.

“Die staat se saak het gate en hul swak getuies het nie bygedra om dit te versterk nie. Waar gaan ons met hierdie saak, edelagbare? Die antwoord is: Nêrens,” het adv. Mike Hellens SC in die streekhof in Randburg aan landdros Tebogo Thupaatlase gesê.

Oudpres. Jacob Zuma saam met Duduzane en sy tweelingsuster, Duduzile, by die streekhof in Randburg.Foto: Werner Beukes/Netwerk24

Zuma staan tereg op ’n aanklag van strafbare manslag en roekelose bestuur nadat sy Porsche 911 in Februarie 2014 teen die taxi gebots het.

Phumzile Dube, ’n passasier in die taxi, is in die ongeluk op die M1-snelweg naby die Grayston-afrit in Johannesburg dood.

Volgens Hellens is daar geen bewyse dat Zuma roekeloos bestuur het nie en gevolglik bestaan geen gronde vir skuldigbevinding nie.

Shylet Ndlangisa, ’n passasier in die minibustaxi, het getuig sy het ’n harde slag gehoor en minute ná die ongeluk gesien Dube, wat langs haar gesit het, hang by een van die minibus se vensters uit. Mashaba het ook by die venster uitgehang. “Ek het eers later pyn gevoel en toe besef ek het my arm gebreek,” het Ndlangisa gesê. Sy het die volgende dag in die hospitaal gehoor die Porsche behoort aan Duduzane Zuma.

Johannes van Loggerenberg, ’n voormalige verkeersbeampte wat vir ’n prokureursfirma werk wat eise teen die Padongelukkefonds instel, het twee uur ná die ongeluk op die toneel opgedaag omdat hy vroeër na ’n ander ongeluk ontbied is. Hy het getuig hy het in sy ondersoek op die ongelukstoneel geen stilstaande water op die padoppervlak gesien nie.

Zuma voer aan dat ’n plas water op die snelweg die rede was dat hy beheer oor sy Porsche verloor het.

Duduzane Zuma voor foto’s van die snelweg waar die ongeluk gebeur het, en skade aan sy Porsche. Foto: Werner Beukes/Netwerk24

“Ek het die padoppervlak ondersoek en het nêrens ’n groot plas water gewaar nie,” het Van Loggerenberg getuig. Hy het die oorsaak van die ongeluk aan “ ’n menslike fout” toegeskryf.

Hellens het egter aan Van Loggerenberg gesê die verslag wat hy oor die ongeluk saamgestel het, lui die voertuie het teen min of meer dieselfde spoed gery. “Hier is twee bestuurders wat dieselfde spoed ry – tussen 90 km/h en 100 km/h. Daar is geen bewyse dat die beskuldigde enige fout begaan het nie. Hy het nie vinnig gery nie. Sy voertuig het ’n plas water getref en gegly,” het Hellens gesê.

Die saak is tot Vrydag uitgestel vir ’n beslissing oor Zuma se aansoek om ontslag.

Zuma se pa, oudpres. Jacob Zuma, en sy tweelingsuster, Duduzile, het hom by die hof ondersteun.

Meer oor:  Duduzane Zuma  |  Hofsaak  |  Porsche
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.