Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Zuma stem in om paspoort te oorhandig
Duduzane Zuma kom Maandagoggend by die handelshof in Johannesburg aan. Foto: Felix Dlangamandla

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het Maandagoggend vroeg eers by die Johannesburg Sentraal-polisiekantoor aangemeld voordat hy na die handelshof in die stad vertrek het. Hy sal hier verskyn op ’n aanklag van korrupsie.

Sy regsverteenwoordigers het aan die media wat by die polisiekantoor saamgedrom het bevestig dat die klag teen hom korrupsie is, met 'n alternatiewe klag van sameswering om korrupsie te pleeg. Die staat gaan nie borgtog teenstaan nie, en Zuma het ingestem om sy paspoort te oorhandig.

'n Groot groep fotograwe en joernaliste het Zuma by die handelshof ingewag. Foto: Felix Dlangamandla

Soos daar Sondag berig is, word oudpres. Jacob Zuma se seun aangekla weens sy rol in ’n beweerde poging deur die Guptas om Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, met R600 miljoen om te koop.

Jonas beweer Duduzane Zuma en die sakeman Fana Hlongwane was teenwoordig toe die Gupta-broer Ajay in Oktober 2015 vir Jonas die omkoopgeld en die pos van minister van finansies aangebied het.

Senior bronne in die Valke het aan City Press gesê Duduzane (34), wat lank ’n sakevennoot van die Guptas was, sal aangekla word ingevolge die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Bedrywighede.

Ajay Gupta moes saam met Duduzane Zuma in die hof verskyn het, maar is voortvlugtig.

Duduzane Zuma is vlugtig op die O.R. Tambo-lughawe aangehou toe hy verlede Donderdagaand uit Dubai op dié lughawe aangekom het. Hy het in die naweek sy broer, Vusi Nhlakanipho Zuma, se begrafnis in Johannesburg bygewoon.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Duduzane Zuma  |  Korrupsie  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.