Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
KYK: Duduzane terug in hof met nuwe haarstyl

Daar was ’n sterk mediateenwoordigheid by die landdroshof in Randburg, Johannesburg, waar Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, Donderdagoggend op aanklagte van strafbare manslag verskyn het.

Dit was die tweede keer dié week dat Duduzane in die hof is.

Hy het kort voor 09:00 met 'n nuwe haarstyl by die hof opgedaag.

Duduzane Zuma praat Donderdagoggend met 'n verslaggewer. Foto: Isabel Venter

Oudpres. Zuma het later by die hof opgedaag, maar was te laat om die verrigtinge by te woon. Die saak is spoedig uitgestel tot 23 Augustus.

Hy is Maandag op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy in die handelshof in Johannesburg op 'n aanklag van korrupsie in die beskuldigdebank gestaan het.

News24 het vroeër bevestig dat Duduzane ’n dagvaarding ontvang het om op Donderdag, 12 Julie, in die hof te verskyn op twee aanklagte van strafbare manslag.

Duduzane Zuma (34) word Maandag omsingel deur lede van die media met sy aankoms by die handelshof in Johannesburg. Foto: Felix Dlangamandla

Dié aanklagte teen Duduzane spruit voort uit ’n motorongeluk op die M1 in Johannesburg in Februarie 2014 toe hy met sy Porsche agter in ’n minibustaxi vasgery het naby die Graystonweg-afrit.

Phumzile Dube, ’n passasier in die taxi, is op slag dood en drie ander insittendes is beseer. ’n Tweede vrou, Jeanette Mashaba, is ’n paar weke later dood. Daar is in ’n geregtelike doodsondersoek bevind dat haar dood nie verband gehou het met die ongeluk nie.

In Julie 2014 het die nasionale vervolgingsgesag (NVG) geweier om Duduzane te vervolg weens onvoldoende bewyse.

Die NVG het in 2015 weer besluit om hom nie te vervolg nie.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het daarna ’n ultimatum aan die NVG gestel om Zuma te vervolg, so nie sou die organisasie se adv. Gerrie Nel hom privaat vervolg.

Shaun Abrahams, hoof van die NVG, het toe in April besluit om Duduzane wel te vervolg.

Meer oor:  Randburg  |  Duduzane Zuma  |  Motorongeluk  |  Strafbare Manslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.