Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Saak oor Duduzane se ongeluk tot Donderdag uitgestel

Die hof het omstreeks 12:00 verdaag, omdat die toerusting wat die verrigtinge moet opneem foutief is.

Die saak sal na verwagting Donderdagoggend hervat.


Duduzane Zuma, een van oudpres. Jacob Zuma se seuns, wat teregstaan op 'n aanklagte van manslag en roekelose bestuur het Woensdag in die streekhof in Randburg getuig.

Duduzane Zuma Woensdag in die hof. Foto: Isabel Venter

Zuma het in Februarie 2014 met sy Porsche 911 teen 'n taxi op die M1-snelweg naby die Grayston-afrit in Johannesburg vasgery.

Phumzile Dube, 'n passasier in die taxi, is in die ongeluk dood.

Shylet Ndlangisa, 'n passasier in die minibus taxi, het getuig sy het 'n harde slag gehoor en minute ná die ongeluk gesien Dube, wat langs haar gesit het, hang by een van die minibus se vensters uit.

Yusuf Baba, staatsaanklaer, het Zuma Woensdag gekruisondervra. Hy het getuig oor die sigbaarheid op die pad op die dag van die ongeluk.

Hy het getuig hy het nie die water gesien waardeur hy met sy motor gery het nie.

Hy het beheer oor sy motor verloor en eers besef het dat hy iets getref het toe hy teen die taxi tot stilstand gekom het.

Hy het gesê dat hy kon net 10 tot 15 m voor hom sien omdat dit donker en reënerig was.

Zuma het om verskoning gevra dat iemand dood is en gesê hy vat volle verantwoordelikheid vir sy dade.

"Ek was gelukkig om nie seer te kry nie."

* Hierdie berig is opgedateer sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Duduzane ­Zuma  |  Randburg  |  Ongeluk  |  Passasiers  |  Dood  |  Minibustaxi  |  Taxi  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.