Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Duitse man en vrou skuldig aan moord op sakeman

Tien jaar ná die moord op haar man, Claus Schroeder, en ná vyf jaar se gesloer met die verhoor, het trane van verligting en blydskap by Tanja Schroeder se wange afgeloop.

Die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) het Vrydag bevind Jens Leunberg is aan die moord skuldig, en sy voormalige lewensmaat, Kristina Adler, is as medepligtige aan Schroeder se moord skuldig bevind.

Tanja Schroeder, vrou van die vermoorde Claus, word omhels deur vriende en familie wat haar in die hof vir die uitspraak kom ondersteun het. Foto: Cara-Lee Dorfling

Schroeder, ’n sakeman van Jeffreysbaai, se lyk is nooit gevind nadat hy op 14 Augustus 2009 onder raaiselagtige omstandighede van sy plaas in Thornhill, net duskant Jeffreysbaai, verdwyn het nie.

Leunberg en Adler, albei Duitse burgers, het die plaas by die Schroeders gehuur en was besig om die plaas en verskeie sake-entiteite by die Schroeders oor te koop.

Hulle het egter nie die finansies gehad om die plaas te koop nie en het die transaksie met vervalste dokumente probeer deurvoer.

Schroeder het met trane van verligting die uitspraak in die hooggeregshof aangehoor. Foto: Cara-Lee Dorfling

Schroeder is vermoor toe dit duidelik raak dat die beskuldigdes nie die geld het om die plaas te koop nie.

Hoewel die hof Vrydag bevind het dat Adler nie noodwendig deel was van Leunberg se plan om Schroeder te vermoor nie, het haar gedrag ná die moord daarop gedui dat sy bewus was van die moord en dat sy Leunberg probeer beskerm het.

Kristina Adler en Jens Leunberg is Vrydag skuldig bevind aan die moord op Claus Schroeder, ’n sakeman van Jeffreysbaai. Foto: Lulama Zenzile
Meer oor:  Claus Schroeder  |  Jeffreysbaai  |  Moord  |  Skuldig  |  Sakeman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.