Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Durban-burgemeester uit op borgtog van R50 000

* Gumede is met haar verskyning Dinsdagoggend in Durban se gespesialiseerde handelshof op borgtog van R50 000 vrygelaat. Sy moet ook haar paspoort inhandig en mag nie met die ander beskuldigdes in die saak kommunikeer nie, het News24 berig.


Drie amptenare van die Ethekwini-munisipaliteit verskyn Dinsdag in Durban se gespesialiseerde handelshof as deel van die Valke se nasionale taakspan vir skoon oudits (NCATT) se ondersoek by die munisipaliteit.

Zandile Gumede Foto: Jabulani Langa
Netwerk24 Foto: Jabulani Langa

Die drie, wat Zandile Gumede, burgemeester, insluit, word deur dieselfde aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig gestaar as die ander nege verdagtes wat twee weke gelede in hegtenis geneem is, luidens ’n verklaring deur die Valke.

Die ANC het Dinsdagoggend in reaksie op die burgemeester, wat ook die party se streeksvoorsitter is, se inhegtenisneming ’n verklaring uitgereik waarin die party sê hy staan die beginsel voor van iemand wat onskuldig is totdat hy skuldig bevind word.

“Ons glo sterk in die oppergesag van die reg en die beginsels van natuurlike regverdigheid. Ons weet egter ook dat die hof van openbare menings nie hierdie beginsels onderhou nie. Ons druk daarom almal dit op die hart om die hof te respekteer as die enigste bevoegde instansie om sy bevindinge aan te kondig.”

Die saak hou verband met ’n 2016-tender van R208 miljoen van Durban Solid Waste. Diensverskaffers is na bewering groot bedrae geld betaal sonder dat hulle enige werk gedoen het.

Die aanvanklike nege verdagtes sluit Robert Abbu (62), adjunkhoof van strategiese en nuwe ontwikkeling, en Sandile Ngcobo (41), bestuurder van voorraadkettingbestuur, in. Die ander is Hlenga Sibisi (43), Mzwandile Dludla (24), Sinthamone Ponnan (55), Sithulele Mkhize (38), Bongani Dlomo (53) en Prabagaram Pariah (61).

* Hierdie berig is opgedateer nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.