Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dwangarbeid, mensehandel: Chinees mag na sake omsien

Die borgtogvoorwaardes van ’n Chinese burger, een van sewe wat teregstaan op aanklagte van mensehandel en die dwangarbeid van Malawiërs – onder wie talle kinders – is verslap.

Die landdroshof in Johannesburg het in Junie borgtog aan die vier Chinese mans en drie vroue toegestaan nadat hulle sedert November verlede jaar in aanhouding was.

Hulle is in hegtenis geneem nadat 91 Malawiërs, onder wie 37 kinders, in ’n fabriek aangetref is.

Die Malawiërs is glo in vragmotors die land ingesmokkel en gedwing om te werk in ’n fabriek in Village Deep, wat onder die naam Beautiful City Pty Ltd bestuur is, te werk.

Volgens ’n verklaring deur die departement van indiensneming en arbeid het die hof Maandag ingestem dat die hoofbeskuldigde, Kevin Tsao, sy sakeverpligtinge gedurende die week kan nakom en toestemming verleen dat hy sy woonkompleks ongehinderd mag verlaat.

Tsao, ’n genaturaliseerde Suid-Afrikaanse burger, is uit op borgtog van R70 000 en sy borgvoorwaardes het voorheen behels dat hy slegs op Maandae, Woensdae en Vrydae sy woonkompleks mag verlaat.

Die hof het ’n soortgelyke aansoek deur Dai Junying, ’n medebeskuldigde, geweier omdat sy nie bewys kon lewer om haar aansoek te regverdig nie.

Borgtog, wat wissel R30 000 tot R55 000, is op 24 Junie ná ’n uitgerekte verhoor aan Tsoa en Jungying, asook aan hul medebeskuldigdes, Chen Hui, Qin Li, Jiaqing Zhou, Ma Biao en Zhang Zhilian, toegestaan.

Die beskuldigdes doen in April aansoek om borgtog. Foto: Departement van indiensneming en arbeid

Al die beskuldigdes woon saam met Tsao en mag nie die woonkompleks verlaat nie, behalwe om hulle gereeld by die plaaslike polisiekantoor aan te meld.

Netwerk24 het vroeër berig die departement van indiensneming en arbeid voer aan dat hulle hom R7 miljoen skuld weens die oortreding van arbeidswetgewing en dat hulle moontlik ook op hierdie aanklagte vervolg sal word.

Die owerhede het aan die einde van verlede jaar ná ’n ondersoek deur die departement op die fabriek toegeslaan. Die klopjag is saam met die departement van binnelandse sake en die Valke, spesialiseenheid van die polisie, uitgevoer.

Die Malawiërs is na bewering na Suid-Afrika gebring deur ’n middelman, wat as “The Transporter” bekend staan en nog op vrye voet is.

“Daar word beweer dat die onderneming se bedrywighede agter hoë geslote staalhekke uitgevoer is met toegang wat streng deur die werkgewers beheer is. Die werkers is na bewering ook aan haglike werkomstandighede blootgestel sonder om gesondheids- en veiligheidsregulasies na te kom,” luidens die departement se verklaring.

Dit aanklagte teen die sewe is onder meer weens mensehandel, skuldknegskap, ontvoering tot die rig van ’n vuurwapen.

LEES DIE DEPARTEMENT SE VERKLARING HIER


Meer oor:  Kevin Tsao  |  Dwangarbeid  |  Mensehandel  |  Borgtogvoorwaardes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.