Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Dwelmvonds: Egpaar van Somerset-Wes kry borgtog

’n Egpaar van Somerset-Wes wat na bewering verskeie daggaprodukte en psigedeliese sampioene verkoop het, is Donderdag ná hul eerste hofverskyning op borgtog vrygelaat.

Die Valke het ook daggaplante op die beskuldigdes se perseel aangetref. Foto: Verskaf

Shelley-Cathy Faulds (47) en Derek Charles Faulds (46), van Helena Heights in Somerset-Wes, is Dinsdag ná ’n klopjag deur die Valke in hegtenis geneem nadat ’n dwelmvonds van dagga, etanol en psigedeliese sampioene in hul besit gevind is.

Die vonds het ’n geskatte straatwaarde van R500 000.

Die beskuldigdes het na bewering psigedeliese sampioene verkoop. Foto: Verskaf

Zinzi Hani, Valke-woordvoerder, sê die Valke het die huis Dinsdag deurgesoek.

Volgens Hani het die Valke op daggaplante, dagga-olie, spuitnaalde, psigedeliese sampioene en ses etanolbottels van vyf liter elk beslag gelê.

Daar is ook op kontant in die huis beslag gelê wat vermoedelik met dwelmverkope verband hou.

Die Valke het op ses bottels etanol van vyf liter elk beslag gelê. Foto: Verskaf

Hani sê hulle word van dwelmhandel aangekla.

Die egpaar het Donderdag in die hof verskyn en is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat.

Die saak is tot 21 Mei vir verdere ondersoek uitgestel en vir die Valke om te bevestig of hulle ’n misdaadrekord het.

Die Valke het in die klopjag Dinsdag ook op spuitnaalde beslag gelê. Foto: Verskaf
Meer oor:  Somerset-Wes  |  Borgtog  |  Egpaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.