Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
EFF betaal AfriForum op die nippertjie

Die EFF het ’n uitstaande kostebevel van sowat R109 000 teen hulle Vrydag op die sperdatum aan AfriForum betaal.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.Foto: Argief

Die kostebevel is op 14 November 2018 uitgereik nadat ’n dringende hofbevel deur die party en sy leier, Julius Malema, misluk het om te verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop.

AfriForum het reeds vyf kostebevele teen die EFF bekom, waarvan drie nou betaal is.

Die somtotaal van die vyf word volgens AfriForum op R550 000 beraam, en ’n totaal van R344 000 is tot op hede deur die EFF betaal.

Die vyf kostebevele spruit uit ’n regstryd wat in Maart 2017 begin het.

* In Maart 2017 het AfriForum ’n interdik teen Malema en die EFF bekom wat hulle verbied om mense aan te hits om grond onwettig te beset of betree. Die hooggeregshof in Pretoria het in AfriForum se guns beslis en die interdik met koste toegestaan. Die EFF is besig om appèl teen hierdie interdik aan te teken.

* Malema en die EFF het daarna aansoek gedoen om die interdik tersyde te laat stel, wat op 12 September 2017 aangehoor sou word. Die hof moes dié saak egter uitstel nadat Malema en die EFF se betooghoofde laat ingedien is. Die hof het ’n bestraffende kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik. Hierdie kostebevel is reeds betaal.

* Dié saak het op 18 Februarie 2018 hervat, maar Malema en die EFF se regsverteenwoordigers het nie by die hof opgedaag nie en die hof het die EFF se tersydestelling-aansoek van die hand gewys en ’n verdere kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik. Dié kostebevel is ook reeds betaal.

* Op 14 November 2018 het daar twee hofsake in die hooggeregshof in Pretoria plaasgevind. Benewens die een wat Vrydag betaal is, was daar argumente in ’n saak van minagting van die hof teen Malema en die EFF.

AfriForum het aangevoer Malema en die EFF het voortgegaan om grondgrype aan te hits, ondanks AfriForum se interdik daarteen.

AfriForum het aangevoer Malema en die EFF het voortgegaan om grondgrype aan te hits, ondanks AfriForum se interdik daarteen. Die EFF en Malema se regspan het nie betyds hul betooghoofde ingedien nie, wat beteken het dat die saak later aangehoor sal moet word.

Daarmee het die EFF en Malema hulself nóg ’n kostebevel op die hals gehaal. Dié kostebevel word nog getakseer.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gaan Malema en die EFF se betalings gebruik om ’n regstryd teen grondonteiening sonder vergoeding te finansier.

Meer oor:  Afriforum  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.