Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
EFF-man in hof oor skootrekenaar

Nazier Paulsen, ’n EFF-parlementslid, het Donderdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn op ’n aanklag van diefstal.

Die staat voer aan hy het ’n skootrekenaar wat aan hom toegedeel is toe hy ’n lid van die Wes-Kaapse wetgewer was, gesteel.

Paulsen sê in sy verweer hy het die skootrekenaar, wat hy in 2015 gekry het hy ’n parlementslid geword het, saamgeneem om eers sy persoonlike data daarop te verwyder.

Hy het dit wel later teruggegee, maar is steeds van diefstal aangekla.

Die hof het Donderdag gehoor Sharna Fernandez, speaker van die Wes-Kaapse wetgewer, wat teen Paulsen gaan getuig, kon weens die verkiesing nie by die hof wees nie.

Die saak is toe tot 26 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.