Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
EFF, Vroueliga: ‘Geen simpatie vir Ninow’
Nicholas Ninow

Die ANC-vroueliga en die EFF in Gauteng het geen genade vir die vermeende Dros-verkragter, Nicolas Ninow, van Pretoria nie.

Terwyl die Gautengse ANC-vroueliga sy oproep herhaal het dat die strafregstelsel geen genade aan verkragters moet betoon nie en dat lewenslange tronkstraf ’n gepaste vonnis vir Ninow sal wees indien hy skuldig bevind word aan die verkragting van ’n 7-jarige meisie, reken die EFF ’n klag van poging tot moord moet teen hom ingestel word.

Jacqui Mofokeng, woordvoerder van die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC-vroueliga in Gauteng, sê die liga is van plan om die meisietjie en haar ouers deur dik en dun by te staan om deur die “nagmerrie-ondervinding” te kom.

“ ’n Ondubbelsinnige boodskap wat hard slaan, moet uitgaan aan mans wat dink die vrou se liggaam is ’n speelplek.”

Dit volg nadat die verhoor van die 20-jarige verdagte vir verdere ondersoek tot 1 November uitgestel is.

“Ons verwelkom die hof se besluit om nie aan Ninow borgtog toe te staan nie. Ook die reëling dat die media toegelaat word om foto’s te neem sodat dié sensitiewe saak behoorlik aan almal gekommunikeer sal word.

Ons verwelkom die hof se besluit om nie aan Ninow borgtog toe te staan nie. Ook die reëling dat die media toegelaat word om foto’s te neem sodat dié sensitiewe saak behoorlik aan almal gekommunikeer sal word.

“Ons doen ’n beroep op die wetstoepassingsowerhede, vervolgingsowerhede en die toepaslike Hoofstuk 9-instellings om te verseker hulle lê ’n waterdigte saak aan die hof voor soos wat die saak vorder.”

“Slegs lewenslange tronkstraf sal ’n sterk genoeg boodskap aan die inwoners van Suid-Afrika uitstuur.

“Verkragting en enige ander vorm van geforseerde seksuele aktiwiteit is ’n oortreding van menseregte en diegene wat sulke dade pleeg, verdien geen simpatie van enigiemand nie.”

Ninow moet die gevolge van sy dade dra, sê Mofokeng.

“Ons is dankbaar dat ’n span bekwame vroue in die vorm van die landdros en die vervolgers die hofproses in die saak lei.”

Intussen het Mandisa Mashego, EFF-leier in Gauteng, gesê die EFF soek ’n klag van poging tot moord teen Ninow.

“Lede van die EFF in Gauteng wil met die provinsiale polisiekommissaris van Gauteng praat ná die verkragting van ’n meisietjie in die Dros in Silverton, Pretoria.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.