Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Egpaar in hof weens werker se moord, brand van lyk

’n Egpaar van Raslouw, Centurion, het Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn op aanklagte van moord en regsverydeling, nadat die man glo ’n werknemer doodgeskiet en hulle toe die lyk verbrand het.

Robert Clive Opperman (55) is Vrydagaand op hul hoewe in hegtenis geneem nadat Meeting Lucky Manyedi na bewering agter in die kop geskiet is.

Iemand het blykbaar die skoot gehoor en die polisie ontbied.

In daardie stadium is Opperman se vrou, Loretta-Andrea (54), net van regsverydeling aangekla omdat sy haar man na bewering gehelp het om die lyk te verbrand.

Sy is daardie aand op waarskuwing vrygelaat en gedagvaar om Maandag saam met haar man in die hof te verskyn.

Maandag het albei egter, op die oog af verwese, vanuit die aanhoudingselle gekom, hul grys hare effens deurmekaar.

Loretta-Andrea het soms gelyk of sy sukkel om asem te kry.

Sy is daardie aand op waarskuwing vrygelaat en gedagvaar om Maandag saam met haar man in die hof te verskyn.

Kagiso Rancho, aanklaer, het verduidelik dat sy ook nou op grond van die beginsel van ’n gemeenskaplike doel om ’n moord te pleeg aangekla word, nadat sy intussen “positief met die moord verbind is”.

Volgens die aanklaer is beeldmateriaal gevind wat tot haar inhegtenisneming op ’n aanklag van moord gelei het.

Rancho het gevra dat die saak tot later die maand uitgestel word, om te bepaal of die beweerde moord vooraf beplan was en of die beskuldigdes vorige veroordelings of hangende sake het.

Marno Kruger, die egpaar se prokureur, het hierop gevra vir die “vroegste moontlike datum” om ’n borgtogaansoek te bring.

Landdros Thandi Theledi het egter verduidelik dat die staat geregtig is op ’n sekere tydperk vir dié soort ondersoekwerk en die saak tot later die maand uitgestel.

* Luidens bronne is die vuurwapen waarmee Opperman na bewering vir Manyedi geskiet het, op sy vrou se naam geregistreer én wys beeldmateriaal van ’n veiligheidskamera op die hoewe glo dat sy by was toe die lyk agterop ’n bakkie gelaai is.

Meer oor:  Robert Clive Opperman  |  Meeting Lucky Manyedi  |  Centurion  |  Raslouw  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.