Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Ehrenreich skuldig aan haatspraak teen Joodse raad

Tony Ehrenreich, voormalige adjunk-sekretaris-generaal van Cosatu, moet die Joodse Raad van Afgevaardigdes (SAJBD) verskoning vra nadat bevind is dat sy Facebook-kommentaar haatspraak was.

Tony Ehrenreich Foto: Daily Sun

Die Menseregtekommissie (MRK) het Woensdag gesê die klag waaraan hy skuldig bevind is, spruit uit kommentaar wat hy op 13 Augustus 2014 oor die konflik tussen Israel en Hamas in die Gasa-strook op sy Facebook-profiel geplaas het.

Hy het geskryf die SAJBD moet Suid-Afrikaners se wraak “voel” elke keer wanneer ’n burgerlike in Gasa doodgemaak word. Daar moet “konflik” teen die ondersteuners en finansiers van Israel se oorlog wees.

Die MRK het bevind dat hierdie kommentaar as haatspraak teen die lede van SAJBD gesien kan word.

Die MRK het Ehrenreich beveel om verskoning te vra en sy verbintenis tot grondwetlike waardes te verklaar. Hy moet dit binne ’n maand ná die bevinding doen.

Ehrenreich het by navraag gesê hy staan by sy mening oor Gasa en teen diegene wat die Israeliese weermag in Suid-Afrika ondersteun, omdat “hulle nie in die gees van Madiba optree nie”.

Hy sal die MRK se uitspraak deeglik bestudeer en ’n manier probeer vind waarop hy, die MRK en die SAJBD ’n gesamentlike oplossing kan bereik.

Die MRK het ’n tweede klag oor soortgelyke uitlatings teen Ehrenreich verwerp.

Meer oor:  Menseregtekommissie  |  Tony Ehrenreich  |  Israel  |  Hamas  |  Haatspraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.