Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Einde van pad vir Moyane ... vir nou
Tom Moyane, afgedankte kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Tom Moyane, die afgedankte hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het Dinsdag gesê dat hy die konstitusionele hof se besluit om hom nie verlof tot appèl toe te staan nie, sal aanvaar.

In ’n kort hofbevel sê die konstitusionele hof in Johannesburg dat daar geen vooruitsig vir ’n suksesvolle appèl is nie.

Die hof het ook besluit om geen koste toe te ken nie. Moyane het hom ná sy afdanking as taksbaas tot die hof gewend om dit te beveg. “Ons aanvaar die hof se uitspraak met respek,” het adv. Eric Mabuza, vir Moyane, Dinsdag aan Fin24 gesê.

Volgens Mabuza kom dié uitspraak nie as ’n verrassing nie omdat die konstitusionele hof net verlof tot appèl in uitsonderlike omstandighede toestaan.

Mabuza het egter daarop gesinspeel dat Moyane se geveg teen sy afdanking miskien nog nie heeltemal verby is nie en gesê hoewel Moyane dit aanvaar dat hy nou die “einde van die pad” rakende sekere aspekte bereik het, hy later in die week verdere instruksies aan sy regspan sal gee.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.