Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Eksklusief: Springs-pa praat 1ste keer uit selle
Die sogenaamde Springs-monster vat die hand van sy nuwe liefde in die hooggeregshof in Pretoria.Foto: Deaan Vivier

Al wat die sogenaamde Springs-monster wil hê, is twee minute saam met sy vyf kinders, wat hy mishandel en erg verwaarloos het, om te kan jammer sê.

Hy het Dinsdag – ’n dag voordat hy en sy eksvrou gevonnis word – eksklusief met Netwerk24 gepraat.

Die twee, albei nou 40, het vandeesweek weer in die hooggeregshof in Pretoria verskyn voor regter Eben Jordaan wat getuienis en voorvonnisverslae aangehoor het.

Die man en vrou is albei in Mei 2014 in hegtenis geneem toe die seun (destyds 11) na die bure gevlug en om hulp gevra het.

Destyds het die onthullings oor die gebeure in hul huis oor hoe gruwelik hulle die vyf kinders mishandel het, opslae gemaak.

Die pa is in Augustus skuldig bevind aan poging tot moord op sy oudste seun, verkragting van sy oudste dogter, vyf aanklagte van kindermishandeling, vyf van

kinderverwaarlosing, die besit en gebruik van dwelms, handel in dwelms, regsverydeling en die verhindering van die polisie om hul werk te doen.

Die sogenaamde Springs-monster Maandag in die hooggeregshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Die ma, wat intussen van die pa geskei is, is skuldig bevind op vyf aanklagte van kinderverwaarlosing, die besit en gebruik van dwelms, regsverydeling en die verhindering van die polisie om hul werk te doen.

Die pa is daarop voorbereid om lank tronkstraf uit te dien oor al die “bad” wat hy gedoen het.

Hy sê dit het diep gesny toe hy Maandag in die hof hoor sy kinders haat hom en dat hy verbied is hom ooit weer met hulle kontak te hê.

“ . . . ek was bad, ek gaan nie stry nie. Ek het die verkeerde goed gedoen . . . ek het nie van beter geweet nie,” sê die pa, terwyl sy oë vol trane skiet.

Hy het in die tronk tot hierdie besef gekom toe hy tot bekering gekom het.

“Ek het daar in die binnehof van die tronk gesit, saam met 300 ander mense, en ek so opgekyk en letterlik gevoel hoe die Heilige Gees oor my kom en Jesus vir my sê: ‘my seun dit is nou tyd,’ ” sê die pa.

Net dáár het hy op die grond neergeval en al sy sondes bely en sy lewe omgekeer. Vyf maande later is hy gedoop en toe eers het hy begin besef wat reg en wat verkeerd is.

Voor dit het hy sy eie lewe probeer neem. Hy het twee keer sy polse gesny – eers toe hy borgtog geweier is, en toe sy vrou van hom geskei het.

Die nuwe liefde in die lewe van die sogenaamde Springs-monster vat liefkosend aan sy das. Foto: Deaan Vivier

Hy het nie geslaag nie, want daar was ’n ander plan met sy lewe, sê hy.

Deel hiervan is om sy kinders se vergifnis te vra en hulle weer deel van sy lewe te hê.

“Ek wil vir hulle sê ek is jammer en ek is lief vir hulle en ek sal nooit, nooit opgee (sic) op hulle nie. En ek weet ek het hulle seergemaak en ek weet nie hoekom ek dit gedoen het daai tyd nie. Ek was so stupid en onnosel, ek kan nie verstaan hoekom . . .”

Intussen het hy ’n nuwe verhouding aangeknoop met ’n vrou wat hom in die tronk ontmoet het, terwyl sy ’n ander gevangene besoek het.

Hulle is nou al sowat agt maande lank in ’n vaste verhouding.

As hy uit die tronk uit kom, sal hy graag saam met haar ’n lewe wil bou.

“Ek is baie lief vir haar, sy ondersteun my geweldig baie.”

Die sogenaamde Springs-monster praat Maandag met sy regsverteenwoordiger, adv. Anneke van Wyk, in die hooggeregshof in Pretoria.Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  Mishandeling  |  Springs-Monster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.