Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Eksman in hof ná moord op vrou in apteek

Die eksman van die vrou wat in ’n apteek op Joubertina vermoor is, het Donderdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Met boeie om sy enkels het Marthinus Wessel van der Linde (46) by die hof ingestap. Hy staan tereg op die moord van Maritza van der Linde (43), wat Dinsdagoggend in Kloof Apteek op die dorp vermoor is.

Na bewering het die beskuldigde Maritza in die apteek gegryp en die res van die personeel beveel om die gebou te verlaat. Maritza is toe blykbaar na ’n kantoor geneem waar haar ma, Drusille Vorster (61), besig was om te werk in die apteek. Hier is Vorster een keer met ’n mes gesteek, maar het oorleef. Maritza is verskeie kere met die mes gesteek en is in die apteek dood.

Marthinus Wessel van der Linde staan Donderdag in die beskuldigdebank van die landdroshof in Joubertina. Foto: Lulama Zenzile
Maritza van der Linde
Maritza van der Linde Foto: Facebook

Die polisie het Van der Linde by die apteek aangekeer.

Van der Linde het Donderdagoggend aan Liesl Debbes, staatsaanklaer, gesê hy sal die Suid-Afrikaanse Regshulp gebruik en beoog om vir borgtog aansoek te doen.

Gedurende die hofsitting het landdros André Aucamp die saak tot 30 Maart vir verdere ondersoek uitgestel.

Van der Linde sal in die St. Albans-gevangenis, aan die buitewyke van Port Elizabeth, tot sy volgende hofverskyning aangehou word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.