Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Esidimeni: Mense was ‘bang’ vir Mahlangu

Dr. Barney Selebano, geskorste departementshoof van die Gautengse departement van gesondheid, het Woensdag erken hy was baie lugtig vir Qedani Mahlangu, voormalige LUR.

Selebano sê dit is sy vrees vir Mahlangu wat hom verhinder het om vir haar te sê psigiatriese pasiënte moenie uit Life Esidimeni-klinieke na nieregeringsorganisasies (NRO’s) oorgeplaas word nie.

Levy Mosenogi, hoofdirekteur van die departement, het in Februarie 2016 Mahlangu in ’n brief gevra om die departement se kontrak met Life Esidimeni met ’n jaar of meer te verleng.

Dis uiteindelik met drie maande verleng.

Mosenogi was ook die projekbestuurder in die verskuiwing van pasiënte in ’n poging om koste te besnoei.

Volgens Selebano het Mosenogi meer gesag gehad om Mahlangu te oorreed om nie voort te gaan met die projek nie.

Dikgang Moseneke. Picture: Trevor Kunene

“Ons het ons bekommernisse bespreek en besluit hy moet die brief skryf,” sê Selebano wat Woensdag voor die Life Esidimeni-bemiddelingsverhoor in Johannesburg verskyn het.

Dikgang Moseneke wat die verhoor lei, wou weet hoekom die projek voortgegaan het.

“Die LUR (Mahlangu) het selfs vir Mosenogi gevra of hy vir die departement van Life Esidimeni werk,” sê Selebano.

Adv. Adila Hassim vir Section27 het hom gevra of hy nie in ’n magsposisie was om die projek te staak nie.

“Ek weet nie of ek die mag gehad het om die LUR tersyde te stel nie.”

Moseneke het Selebano daarop gewys dat Mosenogi in sy getuienis vroeg in Oktober gesê het hy was ook bang vir Mahlangu, maar het steeds gevra om die projek uit te stel.

Moseneke het gevra hoekom hulle dan so bang was “hierdie vrou”.

“Ja, dit was intens,” het Selebano gesê. “Dit is moeilik om jou senior te konfronteer. In die regering as jy met jou leier verskil, word jou verhouding met jou leier baie moeilik”.

Moseneke het vir Selebano gevra of Mahlangu hom gedwing het om voort te gaan met die projek en sy antwoord was dat hy nie skuldiges kan uitwys nie.

Volgens Selebano is die tragedie wat tot die sterftes van 143 pasiënte gelei het, vernederend.

“Dit was baie verkeerd van ons om nie na die waarskuwings te luister nie. Ek het myself netnou gevra wat het ons hier gedoen? Ons moes na die waarskuwings geluister het.”

Meer oor:  Qedani Mahlangu  |  Dr. Barney Selebano  |  Hofsaak  |  Esidimeni  |  Vrees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.