Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Eskom-geldman, verskaffer vas weens R34 m. se ‘bedrog’

’n Voormalige Eskom-hoë en ’n verskaffer staan tereg op bedrog van sowat R34 miljoen.

Barnard Moraka (45) en Victor Tshabalala (49) het Dinsdag in die gespesialiseerde handelshof in Palm Ridge, Gauteng, verskyn nadat die Valke se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid in Johannesburg hulle in Oktober vasgetrek het, sê kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder.

Hulle is elk op R20 000 borgtog vrygelaat en die saak is tot 21 November uitgestel.

Tshabalala, die eienaar van Megra Transport Closed Corporation, word daarvan beskuldig dat hy tussen Januarie 2016 en Oktober 2018 met Moraka, ’n voormalige finansiële uitvoerende beampte van Eskom, saamgesweer het deur Eskom uit R34 miljoen te bedrieg.

Die twee het glo bedrieglike fakture geskep en uitgereik vir dienste wat Megra Transport, ’n vervoerder van steenkool, aan ’n steenkoolmyn in Bronkhorstspruit gelewer het.

Maar Megra Transport het glo nooit eens ’n kontrak by dié myn gehad nie.

Die fakture van R34 miljoen is betaal.

Meer oor:  Bedrog  |  Hof  |  Eskom  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.