Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Etzebeth dagvaar MRK
Eben Etzebeth. Foto: Hagen Hopkins, Getty Images

Die Springbokslot Eben Etzebeth gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) voor die hof daag.

Prof. Bongani Majola, MRK-voorsitter, het Maandag bevestig Etzebeth se regspan het hofdokumente op die kommissie beteken.

“Ons het die dokumente Maandag ontvang. Ek is nou besig om daardeur te lees om te verstaan waarvoor presies hy die kommissie hof toe neem. Ek kan dus nie nou oor die meriete van sy saak praat nie.”

André Calitz, Etzebeth se prokureur, was nie Maandag teen publikasie beskikbaar vir kommentaar nie.

Die MRK is die afgelope ruk onder hewige kritiek weens onder meer die uitlatings van Buang Jones, sy nasionale hoof van regsdienste, oor Etzebeth se beweerde betrokkenheid by ’n voorval in Augustus in Langebaan aan die Weskus.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Menseregtekommissie (Mrk)  |  Eben Etzebeth  |  Buang Jones  |  Rassisme  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.