Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Eversdal-moord: Beskuldigde vloek kameraman

Geklee in ’n netjiese swart hemp en donkerblou denim het Hilary van Rooyen (53) se vermeende moordenaar, Reghard Groenewald (23), Vrydag in die landdroshof in Bellville verskyn.

Groenewald word daarvan beskuldig dat hy Van Rooyen op 9 Mei in haar huis in Eversdal, Durbanville, met ’n potplanthouer teen die kop doodgeslaan het.

’n Middeljarige paar het Groenewald na die hof vergesel. Hulle het egter vinnig die hof uitgeglip nadat die saak teen Groenewald tot 17 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel is.

Die lykskouingsverslag is nog uitstaande.

Reghard Groenewald kort nadat sy saak Vrydag in die landdroshof in Bellville tot 17 Augustus uitgestel is. Foto: Jaco Marais

Buite die hof het Groenewald ’n fotograaf wat foto’s van hom geneem het, ’n “poephol” genoem.

By die huis waar Van Rooyen vermoor is, was Vrydag niemand te bespeur nie. Die huis is oorkant ’n kruidenierswinkel en vulstasie geleë. ’n Geel palisadeheining omhein die huis.

Die bestuurder van die kruidenierswinkel het gesê dat alle beeldmateriaal aan die polisie oorhandig is.

Dit is glo beeldmateriaal van die winkel wat tot Groenewald se inhegtenisname gelei het.

Groenewald is twee weke ná die voorval by sy ouerhuis in Welgemoed in hegtenis geneem.

Hy het die volgende dag in die landdroshof in Bellville op aanklagte van moord verskyn en is op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Meer oor:  Belville  |  Beskuldigde  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.