Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Eversdal-moord: Saak wéér uitgestel

Die aanvang van die saak van ’n jong man wat van die moord op sy vriend se ma aangekla word, is vir die soveelste keer uitgestel.

Reghard Groenewald (24) het Maandag weer in die hooggeregshof in Kaapstad verskyn waar die regter die saak uitgestel het.

Reghard Groenewald in 2017 buite die landdroshof in Bellville.Foto: Jaco Marais

Groenewald is op 23 Mei 2017 in Welgemoed, Bellville, by sy ouerhuis in hegtenis geneem nadat Hilary van Rooyen (53) se lyk op 9 Mei in haar huis in Eversdal, Durbanville, gevind is.

’n Bron sê dat Groenewald beweer Van Rooyen het by hom aangelê toe hy die oggend na haar huis gegaan het. Hy het glo gesê sy moet daarmee ophou, maar sy wou nie luister nie.

Die hof het in Mei gehoor sy is met ’n potplanthouer doodgeslaan. Een van haar twee seuns het op haar lyk afgekom in die huis wat in ’n besige straat geleë is.

Groenewald het glo ’n bekentenis oor die moord afgelê. Hy is in Mei 2017 op borgtog van R3 000 vrygelaat. Die staat het nie sy borgtogaansoek teengestaan nie op voorwaarde dat hy sy paspoort by die polisie indien.

Hilary van Rooyen

Die saak sou in Oktober begin, maar daar was toe nie regters beskikbaar om die saak aan te hoor nie.

Regter David Wille het Maandag in die hof gesê die familie en die beskuldigde het ’n reg tot ’n verduideliking.

Hy het verduidelik die regter wat aanvanklik die saak verlede jaar sou aanhoor, “kon dit nie meer doen nie” en daarom is hy nou aangewys.

Wille het egter gesê hy sal Woensdag die saak kan aanhoor, maar Dinsdag, Donderdag en Vrydag het hy reeds siviele sake wat hy moet aanhoor.

Groenewald sal na verwagting Woensdag pleit wanneer die saak begin.

Meer oor:  Reghard Groenewald  |  Hilary Van Rooyen  |  Kaapstad  |  Hof  |  Moordverhoor  |  Uitstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.