Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Finale bevel teen Moodley, maatskappy oor R232 m.
Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag ’n finale bevel teen Kubentheran Moodley en sy maatskappy Albatime toegestaan om te verhoed dat hulle eiendom van R232 miljoen hanteer of verkwis.

Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag ’n finale bevel teen Kubentheran Moodley en sy maatskappy Albatime toegestaan om hulle te verhoed om eiendom van R232 miljoen te hanteer of te verkwis.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se ondersoekende direktoraat sê in ’n verklaring die hof het die voorlopige bevel van 10 Junie bekragtig.

“Die eiendom ter sprake sluit in drie sluitkissies met inhoud ter waarde van ’n geraamde R8 miljoen. Daar is vroeër aan ’n ander hof gesê dat Moodley dit reeds verkwis het.”

Adv. Hermione Cronje, hoof van die ondersoekende direktoraat, voer aan dat Moodley se bates deel uitmaak van die “plundery” wat Regiments Capital Advisory en McKinsey betrek by ’n Transnet-ooreenkoms oor 1 064 lokomotiewe.

“Ons het aan die hof gesê die bewaringsbevel betrek ’n groter sindikaat waar ’n staatsentiteit deur onbehoorlike advies oor transaksies geplunder is, met miljarde wat gevolglik verloor is.”

Cronje sê in die verklaring hoewel die finale bevel verwelkom word, is die stryd nog ver van verby.

Die eiendom ter sprake sluit in drie sluitkissies met inhoud ter waarde van ’n geraamde R8 miljoen. Daar is vroeër aan ’n ander hof gesê dat Moodley dit reeds verkwis het.

Moodley se bates sal ingevolge die bevel verder beheer word deur ’n kurator wat die hof aangestel het.

In Julie is berig dat die hof vir Moodley, ’n vermeende Gupta-tussenganger, ’n keerdatum gegee het om ’n verslag met besonderhede oor die inhoud van die sluitkissies in te dien, nadat daar bevind is dat hy nie genoegsame bewyse aan die kurator verskaf het oor wat daarmee gebeur het nie.

Adv. Hermione Cronje Foto: Deaan Vivier

Albatime het glo ’n betaling van R232 miljoen as deel van die “staatskapingsnetwerk” ontvang, waarvoor daar geen dienste gelewer is nie.

Moodley het in ’n beantwoordende verklaring gesê hy het die inhoud van die sluitkissies gebruik om skuld te delg by iemand wat hom en sy familie glo met die dood gedreig het.

Die sluitkissies is aanvanklik op 10 Junie aan Moodley oorhandig nadat die Zondo-kommissie na staatskaping daarop beslag gelê het.

Die NVG se ondersoekende direktoraat het op dieselfde dag ’n dringende aansoek gebring om Moodley se bates, insluitend die inhoud van die kissies, te vries. Dit is op 19 Junie toegestaan.

Op 1 Julie is berig dat die sluitkissies buitelandse valuta van R2,2 miljoen, R3 miljoen se kontant, Krugerrande van R3,1 miljoen, Protea-versamelmuntstukke van meer as R130 000 en horlosies, diamante en ander juweliersware bevat het.


Meer oor:  Hermione Cronje
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.